Suid-Afrikaners wat op stamgrond woon het geen eiendomsekerheid nie. Die ANC poog om met die wysiging van die grondwet en onteiening sonder vergoeding die hele Suid-Afrika te regeer soos stamgrond waar “Koning” Ramaphosa grond sal kan wegneem en uitdeel nes hy wil. Die Demokratiese Alliansie (DA) se Skaduminister vir Landbou, Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, Annette Steyn LP gesels hieroor.