As Nathi Mthethwa nie die Afrikaanse Taalmonument gaan respekteer nie, sal die DA dit oorvat en beskerm

Issued by Tertuis Simmers – DA Provincial Chairperson, Western Cape
28 May 2022 in News

Please scroll down for English

Tydens vanoggend se geskiedkundige “Wys jou STaal” protes-konsert in die Paarl het die DA ‘n beroep gedoen op ANC Minister Nathi Mthethwa om beheer oor die Afrikaanse Taalmonument aan die DA-beheerde Wes-Kaap te oorhandig eerder as om die Monument se naam te verander.

Ons verwelkom ook die feit dat die Wes-Kaapse Minister van Kuns en Kultuur, Anroux Marais, reeds ‘n formele versoek in hierdie verband aan Mthethwa gerig het.

Verskeie senior DA-leiers het ook tydens die vergadering van die bestuur van die Afrikaanse Taalmonument sterk kapsie gemaak teen Mthetwa se beoogde naamsverandering. Ons verwerp die ANC se voorstel met die minagting wat dit verdien, omdat dit die Momument van alle betekenis sal stroop.

In samewerking met van ons land se grootste kunstenaars, het die DA ook ‘n geskiedkundige protes-konsert aangebied. Ons bedank die honderde mense wat die konsert sowel as ons betoging bygewoon het. Die konsert het dit duidelik gemaak dat die Afrikaanssprekende gemeenskap saam met die DA verenig staan teen die ANC se aanval op die Afrikaanse Taalmonument.

Die DA sal nie rus totdat ons hierdie waansinnige ANC plan afgeweer het nie.

If Nathi Mthethwa does not respect the Afrikaans Taalmonument, the DA will take over and protect it

During this morning’s historic “Wys Jou STaal” protest concert in Paarl, the DA called on ANC Minister Nathi Mthethwa to hand over management of the Afrikaanse Taalmonument to the DA-controlled Western Cape rather than changing the Monument’s name.

We also welcome the fact that the Western Cape Minister of Arts and Culture, Anroux Marais, has already made a formal request to Mthethwa in this regard.

Several senior DA leaders also strongly objected to Mthetwa’s proposed name change during the meeting of the management of the Afrikaanse Taalmonument. We reject the ANC’s proposal with the contempt it deserves, because it will strip the Monument of all significance.

In collaboration with some of our country’s greatest artists, the DA also presented a historic protest concert. We thank the hundreds of people who attended the concert as well as our demonstration. The concert made it clear that the Afrikaans-speaking community is united with the DA against the ANC’s attack on the Afrikaanse Taalmonument.

The DA will not rest until we have repelled this insane ANC plan.