DA maak ten sterkste beswaar teen die Msunduzi-munisipaliteit se voorneme om erfenisbegraafplaas met Voortrekkergrafte te sloop

Issued by Veronica van Dyk LP – DA Skaduminister vir Sport, Kuns en Kultuur
08 Nov 2022 in News

Please scroll down for an English version of this statement.

Die DA maak sterk beswaar teen die voorneme van die Msunduzi Munisipaliteit om die historiese Chief Albert Luthuli-gedenkbegraafplaas in Pietermaritzburg te sloop. Die begraafplaas bevat Voortrekkergrafte wat 180 jaar terug dateer.

Ons het die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap versoek om dit te ondersoek, en het ook aan die stadsbestuurder, Lulamile Mapholoba, geskryf om ons bekommernisse en beswaar uit te spreek.

Luidens berigte beplan die munisipaliteit om die historiese begraafplaas – met grafte van veterane van die Tweede Wêreldoorlog, Voortrekkerleiers en voormalige burgemeesters van Pietermaritzburg – te sloop vir toekomstige ontwikkeling, voordat selfs leë grond binne die stad in ander spoggebiede oorweeg word.

Dit blyk dat die munisipaliteit se uitvoerende komitee reeds ‘n verslag vir ‘n konsultasieproses vir uitgrawings goedgekeur het.

Die SA Erfenishulpbronagentskap moet hierdie erfenisbegraafplaas beskerm. Alle erfenis is uniek en kosbaar, en dit kan nie hernu word nie. Dit moet beskerm word vir toekomstige geslagte.

Die historiese Chief Albert Luthuli-gedenkbegraafplaas is een van die eerste begraafplase in Pietermaritzburg – die vroegste begrafnis wat daar opgeteken is, dateer uit 1839 – en beskryf ‘n belangrike vroeë tydperk van KwaZulu-Natal se geskiedenis, wat historici en genealoë van ‘n magdom inligting voorsien, insluitend maar nie beperk tot ‘n aantal Voortrekkergrafte wat 180 jaar terug dateer nie.

Die moontlike vernietiging van ons gedeelde erfenis kan nie so maklik aanvaar word nie.

Die DA glo die begraafplaas moet deur die munisipaliteit bewaar en beskerm word en as ‘n histories betekenisvolle terrein ontwikkel word. Ons neem kennis van die FAK se petisie in hierdie verband en ondersteun hul pogings om die begraafplaas te beskerm.

DA strongly objects the Msunduzi Municipality’s intention to demolish heritage cemetery with Voortrekker graves

The DA strongly objects to the intention of the Msunduzi Municipality to demolish the Chief Albert Luthuli Road Heritage Cemetery in Pietermaritzburg containing Voortrekker graves.

We have requested the South African Heritage Resources Agency to investigate this, and also wrote to the City Manager, Lulamile Mapholoba to voice our concerns and objection.

According to reports, the municipality plans to demolish the historic cemetery – with graves from veterans of the second World War, Voortrekker-leaders and former mayors of Pietermaritzburg – for future development, before even considering vacant land within the city in other prime areas.

It seems the municipality’s executive committee has already approved a report for a consultation process for excavations.

The SA Heritage Resources Agency needs to safeguard this heritage cemetery. All heritage is unique and precious, and it cannot be renewed. It should be protected for future generations.

The Chief Albert Luthuli Road Heritage Cemetery is one of the first cemeteries in Pietermaritzburg – the earliest burial recorded there, dates to 1839 – and chronicles an important early period of KwaZulu-Natal’s history, providing historians and genealogists with a wealth of information, including but not limited to a number of  Voortrekker graves dating back 180 years. The possible destruction of our shared heritage cannot be so easily accepted.

The DA believes the cemetery must be conserved and protected by the municipality and developed as a historically significant site. We note the FAK’s petition in this regard and support their efforts to protect the cemetery.