Meer oor Wiets Botes

  • Om ‘n positiewe verskil in en vir die gemeenskap te maak is vir my uiters belangrik.
  • As voorsitter van die Waterberg Sakekamer, het ons die afgelope vyf jaar groot projekte suksesvol uitgevoer tot voordeel van ons dorp en sakegemeenskap. Ek is ook betrokke by Hoërskool Nylstroom as Voorsitter van die Beheerliggaam.
  • Deur my betrokkenheid by verskeie organisasies, het ek ‘n passie vir my dorp en sy mense.
  • Ek sal positiewe veranderinge in my gemeenskap bring deur my voortreflike interpersoonlike- en probleemoplossingsvaardighede. Ek is vir meer as 18 jaar in die politiek en kan op elke vlak suksesvol kommunikeer.
  • Ek sal al my kennis, ervaring en hulpbronne aanwend om weereens my gemeenskap met integriteit te dien en sal ‘n waardevolle toevoeging tot die DA wees, nie net in Wyk 12 nie, maar ook in my groter gemeenskap.

MY PRIORITEITE

  • Straatligte: Ek sal saam met die munisipaliteit  werk om te verseker dat aandag gegee word aan al die straatligte wat nie werk nie, en dat hulle onderhou word.
  • Paaie: Ek sal saam met die betrokke departemente werk om te verseker dat ons paaie herstel en in stand gehou word.
  • Vullisverwydering: Ek sal saam met die munisipaliteit werk om ‘n program op te stel wat sal verseker dat vullisverwydering  gereeld plaasvind in ons wyk.
  • Dienslewering: Ek sal saam met die munisipaliteit werk en alles in my vermoë doen om seker te maak dat elke inwoner net die beste dienste ontvang. Dit is wat jy verdien.

‘n Kandidaat vir al die inwoners van Wyk 12