Meer oor Margy Jaftha

  • Margy is jou DA-kandidaat en sy is ‘n trotse inwoner van Prince Albert.
  • Sy het haar loopbaan in 1991 begin as ‘n “Paralegal” by die Prince Albert Advieskantoor. Vanaf 2011 tot 2022, was sy ‘n Raadslid in die Prince Albert Munisipaliteit.
  • Sy is die Voorsitter van die skool se berheerliggaam.
  • Sy het 2 liefdevolle kinders.
  • Sy geniet dit om te lees en om Netbal te speel.

MY PRIORITEITE:

  • Ek sal saam met die munisipaliteit werk om onwettige storting te bekamp. Ek sal my ook beywer om inwoners te leer om eienaarskap te neem vir die omgewing en omliggende areas.
  • Basiese dienslewering is die kernbesigheid van ons munisipaliteit. As Raadslid, sal ek gereelde oorsigbesoeke aflê om te verseker dat dienslewering op standaard is. Ek sal enige kwessies met die munisipale bestuurder en raad opneem.
  • Ek sal saam met die polisie en ons plaaslike GPF werk om te verseker dat misdaad in ons wyk verminder. Elke inwoner het die reg om veilig te voel in die area waar hulle woon.
  • Ek sal altyd beskikbaar, toeganklik en sigbaar wees in ons wyk.
  • Ek sal terugvoering aan ons inwoners gee deur middel van gemeenskaps- vergaderings, forums, nuusbriewe of pamflette.

‘N KANDIDAAT VIR AL DIE WYK 4 INWONERS!