Staatskaping is ‘n bedreiging vir die Staat

Issued by Dirk Stubbe MP – DA Shadow Minister of State Security
16 May 2017 in Speeches

Een van die funksies en verantwoordelikhede van die Staats Veiligheid Agentskap (SVA) is om die inwoners van Suid-Afrika te beskerm teen ‘n buitelandse bedreiging. Ons is relatief veilig as gevolg van amptenare wat ‘n positiewe ingesteldheid en ‘n passie het vir hulle land en hulle beroep.

Terrorisme maak wêreldwyd opslae en die vraag ontstaan of ons intelligensiedienste kan volhard om enige vorm van terreur af te weer.

Verskeie faktore maak dat Suid-Afrika in n ideale tëelaarde kan ontwikkel waar ekstremisme kan gedy. Daar word bespiegel dat daar opleidingskampe bestaan waar sulke persone gehuisves word. In die onlangse verlede was daar dan ook verskeie insidente wat daarop dui dat Suid-Afrika ‘n tereur aanval te wagte kan wees.

Die aanwesigheid van ongewenste persone is ‘n direkte uitvloei van korrupsie in Departement van Staats Veiligheid wat deur georganiseerde misdaad ondersteun word en dít, Minister, is ‘n bedreiging vir die Staat.

Daar is nie groei in ons ekonomie nie, dit veroorsaak dat duisende mense werkloos is en in armoede lewe, sonder behoorlike dienslewering. Dit is ‘n bedreiging!

Onwettige handel in dwelms, ivoor en renosterhorings is ‘n bedreiging.

Die eenheid wat in die Suid-Afrikaanse Inkomstediens gevestig is, om die smokkelhandel in sigarette te bekamp word summier ontbind en persone word afgedank. Op hierdie wyse word lede van die regerende party beskerm en die smokkelhandel kan ongestoord voortgaan. Minister dit is ‘n bedreiging.

President Jacob Zuma se beheptheid met die Gupta familie en Staatskaping het gelei tot voormalige Minister van Finansies, Pravin Gordhan, se afdanking. Minister dit is ‘n bedreiging.

Ons krediet gradering wat tot rommelstatus geklasifiseer is, is ‘n direkte uitvloeisel van die President se onbesonne beheptheid met die Gupta plunderaars. Maar Minister, u sien dit blykbaar nie as ‘n bedreiging vir die Staat se veiligheid nie.

Instede dat u eerder ‘n positiewe rol speel om die ekonomie te beskerm en daar deur verseker dat daar vir almal werksgeleenthede geskep word, verkies u om dit wat opsigtelik verkeerd is te beskerm.

Dit is dan ook geen wonder dat u om al die verkeerde redes in die pers aangehaal word nie.

Dit begin in 2015 met die opening van die Parlement toe u opdrag gegee het dat alle selfoon seine geblokeer word.

6 Maart 2015 – ‘n Verklaring deur u departement dat Advokaat Tuli Madonsela en andere ondersoek word vir hul betrokkenheid by die CIA.

16 Augustus 2015 – U versoek aan Ntuli Zuma om die presidentswoning te verlaat.

26 September 2015 – U aankondiging dat Arthur Frazer as Direkteur-Generaal aangestel word, ten spyte van die aantuigings van korrupsie teen hom in die Mail & Guardian.

13 November 2016 – Al Jazeera se verslag rakende u beweerde betrokkenheid by onwettige handel met renosterhorings.

9 Desember 2016 – Word u daarvan beskuldig dat ‘n nuwe vakbond gestig word om anti ANC vakbond te destabiliser.

31 Januarie 2017 – U ontkenning dat u met Mcebo Dlamini van #FeesMustFall vergader het, terwyl u kort van tevore verklaar dat hy by verskeie geleenthede by u aan huis was.

26 Februarie 2017 – Verwysend na ‘n perskonferensie op 2 Maart 2016, wat verband hou met 27 beuselagtige klagtes teen lede van die SARS ROGUE UNIT.

5 Maart 2017 – Uitsprake rondom “Attempts at regime change”.

6 Maart 2017 – Die beperking van sosiale media en Internet.

En laastes op 11 Mei 2017 in ‘n Mail & Guardian opinie artikel, wat ook na verskeie negatiewe insidente verwys waarby u betrokke sou wees.

MINISTER IETS IS DRASTIES VERKEERD BY U DEPARTEMENT.

Die DA sal verseker dat daar skoon effektiewe administrasie kom, waar die regte en veiligheid van almal beskerm word, instede van ‘n diens wat daarop ingestel is om die negatiewe en bevoordeelde elite te beskerm.

Dit sal help om ons demokrasie weer op koers te kry.