Ons veg vir die terugkeer van gespesialiseerde landelike veiligheidseenhede

24 Apr 2019 in News

Een Sondagmiddag in 2015 het Vrystaatse boer en DA-raadslid, Alison Oates, by haar huis aangekom toe sy deur twee mans oorval is. Sy is vir ure lank vasgebind, verkrag en gemartel.

Vandag, vier jare later, glo sy die polisiediens en die regstelsel het haar gefaal.

“Geen boere is veilig nie. Ons het veiligheidstralies, ons het alarms, ons het radio’s, maar die laaste 20 jare het ons swak ondersteuning van die polisie gehad en swak steun van ons regstelsel” sê Alison.

Woensdag, 17 April, het Alison saam met die DA se Vrystaatse Premierskandidaat, Patricia Kopane, en ander DA-leiers ‘n landelike veiligheidsoptog in Bloemfontein gelei. Die DA het ‘n memorandum oorhandig aan die Vrystaatse Polisiekommissaris waarin ons vra vir die dringende hervestiging van gespesialiseerde landelike veiligheidseenhede, veral vir die beskerming van kwesbare vroue in landelike areas.

Die DA veg vir die veiligheid van alle Suid-Afrikaners in landelike gemeenskappe. Ons doen al jare lank ‘n beroep op die ANC-regering om gespesialiseerde veiligheidseenhede na ons landelike areas terug te bring.

Onder die DA sal landelike veiligheid ‘n ononderhandelbare regeringsprioriteit wees. Die DA sal ook toesien dat oortreerders spoedig gevang en verhoor word.

Alison sê: “Die idee dat die DA nie boere ondersteun nie, is belaglik. Die DA is die énigste party wat boere ondersteun”…