The following speech was delivered in Parliament’s debate of the 2019 State of the Nation Address.
Agbare Speaker
Agbare Voorsitter van die NRVP
Agbare President
Lede van Parlement
Mede Suid-Afrikaners
Die President het in sy rede verwys na sy droom vir ‘n nuwe era. Agbare President, daardie droom kan net verwesenlik word indien die ANC drasties van koers verander, andersins herhinner dit my net aan ‘n ou bekende liedjie wat sê: “Dreams are good friends!”
Die werklikheid van die hier-en-nou is egter dat:
Ongeveer 10 miljoen Suid-Afrikaners soggens wakker word met die wete dat hul nie geld of kos het vir hulself of hul gesinne nie; waarskynlik ook nie die vooruitsig het om ‘n werk te kry nie, maar steeds moet voortbeur om ‘n wetsgetroue, verantwoordelike landsburger te wees;
Ons jong mense wat wel die geleenthede het om hulself te kwalifiseer met kennis en vaardighede, geen sekerheid het dat hul wel ‘n werk gaan kry nie en baie van hul die land verlaat;
Die kwesbare persone in ons land wat op toelaes leef nie meer weet wat die begrip ‘bo die broodlyn’ beteken nie;
Die wat wel ‘n werk het, daagliks armer word en hul bekommer oor die veiligheid van hul pensioenfondse indien hul een het;
Vakbondleiers die minderheid van werkers in ons land verteenwoordig maar hulle meestal veg vir hul eie politieke voordele;
Dié wat kapitaal het om te belê, gevolglik na geleenthede buite SA kyk.
Hon. Speaker, the ANC’s strive for a developmental state through ‘The New Growth Path’ (2011) would have created 5 million jobs in 2020.
The policy statement on developmental local government aimed to build capacity to enhance service delivery in local communities. However, the NCOP witnessed various interventions in local governments due to a lack of capacity or political motivations.
In 2017, President Ramaphosa’s ‘New deal for jobs, growth and transformation’ set a target of 3% growth in 2018 and 5% in 2023. Costs would have also been cut through a reformed Eskom as well as greater use of renewable energies.
Efficient use of the public purse and structural systems are however prerequisites for these policies to successfully contribute to economic growth. Our State-Owned Enterprises, central to development and growth, however distinguished themselves in weak management, poor governance and unsustainable bailouts, with the result of widespread state capture and the direct impact on our economy.
Agbare Speaker, slegs ‘n stabiele groeiende ekonomie wat werksgeleenthede en welvaart skep, gerugsteun deur bekwame regeringsvlakke, kan hoop bied vir die toekoms.
In die Weskaap waar die DA sedert 2009 regeer, kan ons nieteenstaande oorkoepelende negatiewe ekonomiese omstandighede bewys lewer dat ons innoverende beleide en planne, gebaseer op ‘n mark-gerigte ekonomie, ‘n positiewe invloed uitoefen op ons inwoners. ‘n Paar voorbeelde hiervan is dat die Weskaap:
- ‘n 14% laer werkloosheidsyfer as die res van die land het, met 508 000 nuwe werksgeleenthede wat geskep is, wat dui op ongeveer ‘n vier-malige groei oor die afgelope dekade.
- ‘n 72% suksessyfer in landbougrond hervormingsprojekte teenoor ‘n 10% suksessyfer in die res van die land. Sedert 2009 is 500 miljoen rand spandeer op die ondersteuning van 357 grondhervormingsprojekte- R80M word op ‘n jaarlikse basis vanaf die privaat sektor bekom.
- Die Wes-Kaap gee die toon aan met die skep van energie-sekerheid. Sonkrag installasies het toegeneem vanaf 18 MW tot meer as 110 MW, hoofsaaklik deur besighede. Agtien (18) van die twee en twintig (22) munisipaliteite maak voorsiening dat energie teen vergoeding teruggevoer kan word in die kragnetwerk.
- ‘n Retensie syfer van 63% vir graad 10 – 12 is bereik met die 2018 matrikulante, teenoor die minder as 50% syfer in die res van die land.
Not only did the DA-led Western Cape make strides in cutting unnecessary regulations for businesses, we introduced the Premier’s Advancement of Youth Programme (PAY), providing 750 matriculants with jobs and training every year. Furthermore, we rapidly increased the delivery of basic services to above 96%.
In die Wes-Kaap word daar jaarliks inspeksies op 150 polisiestasies uitgevoer. ‘n Kommissie van Ondersoek is ingestel, wat gelei het tot die promulgasie van die Wes-Kaapse Gemeenskapsveiligheidswet wat die instel van die kantoor van die Polisie Ombudsman moontlik gemaak het.
Tans bedreig die toename in misdaad, veral geweldsmisdade en die gepaardgaande ontoereikende hulpbronne van die polisie – die algemene veiligheid van alle inwoners, skole, besighede, toeriste. Suid Afrika word tans beskou as een van die 20 onveiligste lande in die wereld.
Om jou beste te probeer is soms nie genoeg nie; wat moet gedoen word is wat nodig is – aldus die dispuut wat deur die Weskaap verklaar is, is om polisiëring ook as ‘n provinsiale funksie in te stel. ‘n Professionele en gemoderniseerde polisie mag op provinsiale vlak is essensieel.
Agbare President, alle Suid-Afrikaners het tans ‘n grondige begrip van wat Churchill bedoel het deur te sê: ‘I no longer listen to what people say, I just watch what they do. Behavior never lies.’
Actions speak louder than words.