Suid-Afrikaners weer eens ‘n behoorlike geleentheid ontneem om insette te lewer oor Artikel 25-wetsontwerp

Issued by Annelie Lotriet LP – Voorsitter van die DA se Parlementêre Koukus
05 Dec 2019 in News

Die ad hoc-komitee van die Parlement, getaak met die wysiging van artikel 25 van die Grondwet, het vandag vergader om die pad vorentoe te bespreek met betrekking tot openbare deelname aan hierdie proses.

Die Demokratiese Alliansie (DA) het ons siening oor hierdie proses duidelik gemaak – ons is gekant teen onteiening sonder vergoeding as ‘n algemene vertrekpunt. Ons glo die werklike belemmering vir betekenisvolle grondhervorming is nié artikel 25 nie, maar eerder ‘n gebrek aan politieke wil.

Die voorgestelde wysigings sal nasionale wetgewing in staat stel om spesifieke omstandighede uiteen te sit waar ‘n hof kan bepaal dat die vergoedingsbedrag nul is. Dit is baie problematies en vaag, aangesien wetgewing enige omstandighede kan bepaal wat slegs ‘n eenvoudige meerderheid van die parlement vereis om dit te aanvaar. Die omstandighede sal nie in die Grondwet ingesluit word nie. Die DA is radikaal gekant teen hierdie wysiging sonder ‘n duidelike aanduiding.

Ons glo verder die uitnodiging van openbare deelname aan wetgewing van hierdie omvang gedurende die feestyd, ontneem die publiek van ‘n behoorlike geleentheid om behoorlik met die voorgestelde wetgewing om te gaan.

Ondanks die beswaar van die DA teen hierdie tydsraamwerk, sal die wetsontwerp nou in Desember 2019 ingedien word. Dit is duidelik dat die tydsraamwerk, waarop arbitrêr besluit is, nié die belange van ons mense dien nie.

Die DA sal voortgaan om te veg vir die beskerming van die Handves van Regte in die Grondwet.