Innige meegevoel aan Elsa Joubert se familie en vriende

Issued by Dr Annelie Lotriet LP – Voorsitter van die DA se Parlimentêre Koukus
15 Jun 2020 in News

Die Demokratiese Alliansie het met groot hartseer verneem van die dood van die skrywer Elsa Joubert.

Elsa Joubert het groot voetspore in Afrikaanse literatuur getrap. As joernalis en skrywer het sy nie geskroom nie om met groot deernis mense se verhale te vertel en waarheid aan die lig gebring op ’n baie aangrypende manier.

Sy het sonder voorbehoud sensitiewe onderwerpe soos verganklikheid en mense se plek in die samelewing aangeroer, en veral haar boek, Die Swerfjare van Poppie Nongena, is vandag steeds so relevant soos toe die eerste woorde neergepen is.

Die Staf van Monomotapa was ook glo een van oudpresident Nelson Mandela se gunstelinge en het hy haar in 2002 meegedeel, ’n teken van hoop om dat sy een van die Afrikaners was “wat die moontlikheid in die oë staar van ’n gedeelde swart-wit regering in Suid-Afrika”.

Elsa Joubert het vele pryse en lof ontvang vir haar werk, waarvan talle vertaal is, en haar nagedagtenis sal voortleef in die kunste, in woonkamers, in binnekamergesprekke en in klaskamers.

Elsa Joubert se naletenskap eggo hoop in ’n veelrassige Suid-Afrika.

Ons innige simpatie aan haar familie en vriende.