Vind aangeheg ‘n klankgreep deur die DA se Skaduminister vir Landbou, Annette Steyn LP.
Die Demokratiese Alliansie (DA) se versoekskrif, aangeheg by ons-ope brief aan president Cyril Ramaphosa, is tot op hede deur byna 55 000 Suid-Afrikaners onderteken.
Hierdie versoekskrif, wat in Julie van stapel gestuur is, vra die President om verskoning te vra vir sy onware en kwetsende opmerkings in ‘n onderhoud in 2018, toe hy ontken het dat plaasmoorde in Suid-Afrika plaasvind. Ons het hom versoek om dringend op te tree ten opsigte van die ewige vrees en gevaar waarin ons landelike mans en vroue woon en werk terwyl hulle die voedsel wat ons eet, verbou.
Dit kan nie wees dat die Regering en die President hul blind hou vir die lot van boere, plaaswerkers, hul ouers, vrouens en kinders wat wrede, sinnelose en dikwels dodelike marteling ondergaan nie.
Dit kan nie wees dat ‘n 80-jarige vrou op haar plaas in Zastron aangeval word deur ‘n gevangene wat deur die Minister van Justisie vrygelaat is nie.
Dit kan nie wees dat hierdie president nié die Minister van Polisie, Bheki Cele, se verregaande opmerkings aan boere in KwaZulu-Natal of die grusame dood van die 21-jarige Brendin Horner op ‘n Paul Roux-plaas in die Vrystaat verwerp nie.
Die voorsitter van die portefeuljekomitee vir polisie, Tina Joemat-Pettersson, het tydens haar toespraak tydens die DA-debat van nasionale belang beweer dat plaasmoorde en plaasaanvalle nog altyd ‘n prioriteit vir die ANC-regering was. Van wanneer af? Die President het dan gedurende die berugte 2018-onderhoud ten sterkste ontken dat plaasmoorde bestaan het.
Geweld in landelike gebiede het deur die jare geleidelik toegeneem en wrede, lewensveranderende aanvalle op plase is gemiddeld 50 per maand. In plaas daarvan om in te gryp, het die regering verkies om gespesialiseerde eenhede te ontbind en landelike gemeenskappe kwesbaar en alleen gelaat. Dit blyk as landelike veiligheid slegs afhanklik was van die politieke wil van die Minister van Polisie en die President, niks ooit gedoen sal word nie.
Soveel as wat geweld nooit geweld moet verwek nie, toon die betoging in Senekal hierdie week duidelik dat plaasmoorde en -aanvalle emosies op ‘n kookpunt het, en dit neem nie veel vir sommige lede van ‘n vreedsame betoging om hulle tot geweld te wend om hul frustrasie en woede uit te druk nie .
Soveel as wat die boere self probeer om hul gesinne en die lewens van diegene wat op hul plase werk te beskerm, is die werklikheid dat dit nie meer ‘n kwessie is van “Is u al aangeval” nie, maar “Wanneer sal u aangeval word”. Die President moet toesien dat die regering dringend optree. Hierdie landelike aanvalle moet geklassifiseer word as prioriteitsmisdade sowel as haatmisdade.
Tensy dit gebeur, kan ons Suid-Afrikaners moontlik saam met Zimbabwe ‘n bedelbakkie hou vir kos.
Die DA vind die aankondiging van die nasionale kommissaris van die Suid-Afrikaanse polisie, generaal Khehla Sitole, dat die Suid-Afrikaanse polisiediens (SAPD) nasionale en plaaslike gesamentlike kommandosentrums vir landelike veiligheid in landelike gebiede regoor Suid-Afrika sal vestig, so bemoedigend. Dit is die eerste positiewe, pro-aktiewe stap wat ons van die polisie gesien het.
Boerdery is ‘n ongelooflike gevaarlike en stresvolle beroep. Die konstante vrees wat boere van alle rasse en werknemers van alle rasse in Suid-Afrika ervaar, is amper ondraaglik.
Aangesien daar geen reaksie van die President op ons ope brief was nie, sal die DA hierdie brief direk aan hom stuur en die versoekskrif aan die Parlement lewer. Dit is tyd dat die president die plaag van plaasmoorde in Suid-Afrika prioritiseer. Hy moet hom ophou blind hou, dringend optree en sy werk doen.
Laai die brief en versoekskrif af by die volgende skakels: