Cilliers Brink braai heilige koeie op Uitgesproke

Issued by DA Media –
30 Sep 2021 in News

Vandag stel DA-woordvoerder en skaduminister van samewerkende regering en tradisionele sake, Cilliers Brink, sy opwindende nuwe weeklikse Afrikaanse potsending, Uitgesproke, bekend.

Die eerste bul wat by die horings gepak word is of die Wes-Kaap se strewe vir meer mag ’n model vir die res van die land kan wees.

Op Uitgesproke sal geen onderwerp taboe wees nie en gaan kwessies wat saakmaak en kwaadmaak onder ’n mikroskoop geplaas word.

Uitgesproke is op die volgende platforms beskikbaar:

Help us to bring change to more towns and municipalities by making a donation towards our 2021 Local Government Election campaign, click here.