Vind asseblief aangeheg ’n klankgreep van Cilliers Brink.
Miljoene Suid-Afrikaners sal vandag na die stembus gaan om die DA die mandaat te gee om dinge gedoen te kry. Die afgelope paar maande het ons regoor die land gereis om ons boodskap van hoop te versprei, en ’n belofte om dinge gedoen te kry in plaaslike regerings aan Suid-Afrikaners gemaak.
Die DA het sterk momentum opgebou om ’n oortuigende oorwinning te beklink wat ’n einde sal bring aan die ANC se wanbestuur van die land se munisipaliteite. Ons het raadslede geregistreer in elke wyk regoor die land.
Die DA is die enigste party met ’n bewese rekord om verandering te bring na munisipaliteite wat onder die ANC se korrupsie en wanadministrasie inmekaar getuimel het. Suid-Afrikaners is gereed om die ANC ’n besliste nekslag toe te doen en te stem vir die DA wat verandering sal bring en beter dienste kan lewer.
Na vele gesprekke met kiesers, is ons oortuig dat miljoene vandag vir verandering gaan stem en die heersende atmosfeer is dat dit die nou-of-nooit-oomblik vir ons munisipaliteite is.
Ons kan nie nog 5 jaar van die verwoestende ANC oorleef nie. Munisipaliteite het letterlik onder ANC-veheer verval en vandag kry kiesers geleentheid om die maalkolk van verwoesting te keer en vir die DA te stem.
Ons doen ’n beroep op alle landsburgers om na die stemlokaal te gaan waar hulle geregistreer is en sodoende hulle stem uit te bring. Die boodskap aan kiesers is eenvoudig: Moenie die kans verspeel om ’n verskil te maak nie. Die DA is teenwoordig by elke stemlokaal en is gereed om kiesers by te staan. Ons werk hard saam met die OVK om probleme by kiesstasies op te los.
Dit is duidelik dat ’n blou golf oor Suid-Afrika rol – gee verandering ’n kans, wees dapper en gaan stem!