Nota aan redakteurs: Vind asseblief aangeheg ’n klankgreep van Cilliers Brink LP.
Die DA gaan ’n menseregtekommissie (MRK)-klag teen die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) indien vir wat ons glo ’n rassistiese aanval is op die aanstelling van ABSA se nuwe uitvoerende hoof, Arrie Rautenbach.
Verlede week het die OBK voorgestel dat Rautenbach ongeskik is om ABSA se uitvoerende hoof te wees – nie omdat hy ’n gebrek aan kundigheid en kwalifikasies het nie, maar omdat hy wit is.
Hierdie verklaring is rassisties, en die vrystelling daarvan is ’n misbruik van openbare mag. Die MRK-klag is ’n poging om die OBK en sy bestuur tot verantwoording te roep.
Die DA verwerp die kategorisering van mense volgens ras, en die gebruik van openbare mag van sodanige kategorisering in die bepaling van regte en verpligtinge. Ons glo dat apartheidsonregte reggestel kan word sonder om apartheidsera-rassekategorisering te gebruik.
As Suid-Afrika ’n bekwame staat wil bou en hoë vlakke van ekonomiese groei wil bereik, moet die beleid om posisies in openbare en private instellings op grond van ras en ander onveranderlike kenmerke te reserveer, laat vaar word.
Terwyl baie van die wette op die wetboeke vandag op die ANC se nasionale rasseagenda gebaseer is, oorskry die OBK se optrede selfs hierde wetgewings. Die is nié ’n subkomitee van die ANC nie, maar ’n wese van statuut en moet daarvolgens optree.