DA verwelkom President se versekering dat die Afrikaanse Taalmuseum se naam nie sal verander nie

Issued by Veronica van Dyk MP – DA Deputy Shadow Minister for Sports, Arts and Culture
10 Jun 2022 in News

Please see English statement below.

Die DA verwelkom president Cyril Ramaphosa se versekering vandag in die Parlement dat die Afrikaanse Taalmuseum en -monument nie gedwing sal word om sy naam te verander nie.

Dit is goed dat die ANC rede gesien het en dat hul ideologiese haat vir Afrikaans nie in hierdie verband op die Afrikaanse Taalmonument (ATM) en Afrikaanssprekendes afgedwing sal word nie.

Sou die minister van sport, kuns en kultuur, Nathi Mthethwa, ooit weer terugloop op sy besluit rakende die naam van die Afrikaanse Taalmonument, sal die DA dit weer teenstaan. Ons sal nie toelaat dat enige inheemse tale, insluitend Afrikaans, vertrap word nie.

Ons versoek ook steeds dat Minister Mthethwa onomwonde op ’n openbare platform sy besluit om nie die ATM se naam te verander nie, bekendmaak. Ons verwag ook ’n verskoning aan die ATM-raad, omdat die Minister se manteldraaiery poog om die raad na leuenaars te laat lyk.

Dit lyk of die ANC-regering ’n oorlog voer teen Afrikaans en alle Afrikaanes sprekers in ’n poging om goedkoop politieke punte aan te teken. Die DA sal dit nie duld nie.


DA welcomes the President’s assurance that Afrikaanse Taalmuseum’s name will not change

The DA welcomes President Cyril Ramaphosa’s assurance in Parliament today that the Afrikaanse Taalmuseum en -monument will not be forced to change its name.

It is good that the ANC has seen reason and that their ideological hatred of Afrikaans will not be enforced on the Afrikaanse Taalmonument (ATM) and Afrikaans speakers in this regard.

Should the Minister of Sports, Arts and Culture, Nathi Mthethwa, ever backtrack on his backtrack regarding the Afrikaanse Taalmonument’s name, the DA will fight it once more. We will not allow any indigenous languages to be trampled on, including Afrikaans.

We also call on Minister Mthethwa to state unequivocally on a public platform that the ATM’s name will not be changed. The Minister should also apologise to the ATM board, as his backpedalling seems to be an effort to make the board look like liars.

The ANC government seems to be waging a war on Afrikaans and all its speakers in an effort to score cheap political points. The DA will not stand for it.