DA se 44 Afrikaanse LP’s nooi Charlize vir gesprek oor taalregte

Issued by Veronica van Dyk LP – DA Adjunk-Skaduminister vir Sport, Kuns en Kultuur
18 Nov 2022 in News

Vind asseblief aangeheg ‘n klankgreep deur Veronica van Dyk LP.

Die DA kan bevestig dat in ons nasionale parlementêre koukus alleen daar reeds meer as 44 Afrikaanssprekendes is.

As die mees diverse politieke party in Suid-Afrika praat baie DA-lede verskeie tale, insluitend Afrikaans. Dit blyk ‘n wyle te wees sedert me Theron haar geboorteland besoek het, waar Afrikaans nou die mees diverse sowel as die derde grootste taal is, wat deur meer as 7 miljoen mense van alle agtergronde gepraat word.

Die DA nooi me Theron graag na ‘n parlementêre sitting wanneer sy weer in die land is, sodat sy kan sien hoe ons verseker dat ons pragtige inheemse tale, insluitend Afrikaans, uitdrukking vind en beskerm word in die sale en gange van die Parlement.

Ons is ook dankbaar vir die kollig wat haar kommentaar op die belangrikheid van die beskerming en bevordering van ons inheemse tale gewerp het. Hierdie tale is nie net meganismes vir kommunikasie nie, maar hulle gee ook uitdrukking aan ons unieke Suid-Afrikaanse identiteit, kultuur en erfenis – wat me Theron dikwels beklemtoon het tydens haar opgang na roem.

Die DA is trots daarop om die voorste politieke kampvegter te wees vir die taalregte van alle Suid-Afrikaners, insluitend die 7 miljoen sprekers van Afrikaans. Terwyl dit baie jammer is dat soveel energie deur die ANC bestee word om Afrikaans te belaster terwyl ons land se ekonomie en infrastruktuur verkrummel, sal die DA aanhou opstaan ​​vir taalregte, soos ons gedoen het toe die ANC die naam van die Afrikaanse Taalmonument probeer verander het en toe hulle Afrikaans as “uitheems” probeer klassifiseer het.

Gegewe haar oënskynlike kommer oor die risiko dat Afrikaans “uisterf”, nooi ons me Theron om met haar volgende besoek met die DA in gesprek te tree, sodat ons kan saamwerk om haar moedertaal teen die ANC te beskerm.