DA-leier Steenhuisen besoek NAMPO

Issued by DA Media –
16 May 2023 in Speeches

DA-leier John Steenhuisen sal môre besoek aflê by NAMPO, waar hy met boere, plaaswerkers en ander rolspelers in die landbousektor gesprekke sal voer oor die DA se veldtog om die AGOA-handelsooreenkoms te red en uit te brei.

Die ANC-regering se vervreemding van ons grootste handelsvennote hou ‘n eksistensiële bedreiging in vir die oorlewing van elke boer en landboumaatskappy in Suid-Afrika.

AGOA is geskeduleer om in 2025 herbeding te word. Die enigste manier om AGOA en die landbousektor te red van totale ondergang, is om nou hande te vat en seker te maak dat ‘n landbouvriendelike DA-geleide regering in 2024 ingehuldig word, wat AGOA sal red en nuwe markte vir Suid-Afrikaanse landbou sal oopmaak.

Besonderhede is soos volg: 

Dag: Woensdag, 17 Mei 2023

Tyd: 10:00

Adres: Nampo Park, Bothaville