DA maak ‘n beroep op minister van Polisie om deeglike ondersoeke te loots na voorvalle van brandstigting op plase

Issued by Henro Kruger MP – DA Member of Portfolio Committee on Agriculture, Land Reform and Rural Development
18 Jun 2023 in News

Die Demokratiese Alliansie (DA) veroordeel brandstigting deur kriminele wat ons boere skade aan doen. Die kwaadwillige dade wat ons boere se reserwe voer vernietig is daarop gemik om onstabiliteit op ons plase te weeg te bring. Dit stel nie net voedselsekuriteit in gedrang nie maar het ook ‘n wesenlike invloed op die veiligheid van ons boere, hul families en werkers.

Die winter seisoen hou vir die landbou sektor aansienlike gevaar in deur dat menige plase in verskeie streke geteiken word deur kwaadwillige brandstigters. Hierdie aanvalle veroorsaak skade aan oeste, infrastruktuur en lewendehawe. Die geweldige finansiële verliese beteken ‘n negatiewe inpak op ons boere se vermoëns om die nasie te voed.

Daar moet dringend aandag gegee word aan die onderliggende redes vir hierdie sinnelose dade. Die DA is van mening dat ANC volstruis politiek speel en die regering wegskram wanneer dit kom by die knelpunte van die landbou sektor.

Die landbou sektor moet deur die regering gemotiveer en nie moedeloos gelaat word nie. Die staat moet veiligheid en die welstand van die boere en werkers op plase voor op die lys stel. Tydens Bheki Cele, Minister van Polisie, se onlangse begrotingsdebat, het hy versuim om enige vordering wat gemaak is met landelike veiligheid of landelike misdaad in sy toespraak te noem. Ten spyte van die onlangse ontwikkeling van ‘n ‘Landelike Veiligheidstrategie’, is daar reeds twyfel oor die SAPD se verbintenis tot die strategie en of ons boere die vrugte daarvan gaan pluk.

Die DA versoek dus die Minister van Polisie om deeglike ondersoeke te loots in al die voorvalle van brandstigting op plase gedurende 2023. Ons moet hierdie dade met wortel en tak uitroei. Dit is uiters belangrik dat die kriminele, verantwoordelik vir hierdie lafhartigde dade, behoorlik aan die pen moet ry. Brandstigting moet onmiddelik stop gesit word, sodat ons boere en hul werkers veilig kan voel in hulle werksomgewing.

Die DA is in solidariteit met die geafekteerde boere, hul families en plaaswerkers en bly verbind tot die bevordering van die regte van ons landbou gemeenskappe. Die DA neem kennis van hierdie onaanvaarbare uitdagings van ons voedselvevaardigers en staan aan die sy van die boer tot die ontwikkeling van ruim voedselsekuriteit vir al die inwoners van Suid Afrika.

Wees deel van die missie om Suid-Afrika te red, registreer korrek om nou te stem by  check.da.org.za