DA Welcomes Minister Malatsi’s confirmation on return of Afrikaans news bulletin

Issued by Willie Aucamp MP – DA National Spokesperson
08 Apr 2025 in News

Please scroll down for the Afrikaans statement

The Democratic Alliance (DA) welcomes the confirmation from the Minister of Communications and Digital Technologies, Solly Malatsi, that the disappearance of the Afrikaans news bulletin on SABC2 this past weekend was due to an unfortunate scheduling error by the SABC. We appreciate the minister’s prompt intervention in liaising with the SABC leadership to resolve the matter and provide much-needed clarity to the public.

The sudden absence of the Afrikaans news bulletin over the weekend caused unnecessary confusion and concern, particularly for the over 300 000 viewers who rely on the program for vital news in their preferred language. It is reassuring to know that this was an isolated incident and not a decision to permanently halt the service.

The minister’s intervention has helped to bring transparency to the situation, which is crucial for ensuring that all South Africans can continue to access the news and information they depend on.

The DA remains committed to holding the SABC accountable as the public broadcaster, which has a duty to serve all language communities across the country. We will continue to monitor the return of the Afrikaans news bulletin over the weekend to ensure that such errors do not occur again in the future.

DA verwelkom minister Malatsi se bevestiging oor die terugkeer van Afrikaanse nuusbulletin

Die Demokratiese Alliansie (DA) verwelkom die ingryping deur die minister van kommunikasie en digitale tegnologie, Solly Malatsi, en sy bevestiging dat die verdwyning van die Afrikaanse nuusbulletin die afgelope naweek op SABC2 weens ‘n skeduleringsfout deur die SABC was.

Ons waardeer die minister se vinnige optrede om lig op die saak te werp en nodige duidelikheid aan die publiek te verskaf.

Die skielike afwesigheid van die Afrikaanse nuusbulletin die naweek het onnodige verwarring en kommer veroorsaak, veral vir die meer as 300 000 kykers wat op die program staatmaak vir belangrike nuus in hul voorkeurtaal.

Dit is gerusstellend om te weet dat dit ‘n geïsoleerde voorval was en nie ‘n besluit om die diens permanent te staak nie.

Die minister se ingryping het gehelp om deursigtigheid in die situasie te bring, wat deurslaggewend is om te verseker dat alle Suid-Afrikaners kan voortgaan om toegang te verkry tot die nuus en inligting waarvan hulle afhanklik is.

Die DA bly daartoe verbind om die SABC aanspreeklik te hou as die openbare uitsaaier, wat ‘n plig het om alle taalgemeenskappe regoor die land te dien.

Ons sal voortgaan om die terugkeer van die Afrikaanse nuusbulletin oor die naweek te monitor om te verseker dat sulke foute nie weer in die toekoms voorkom nie.