DA vier 100 jaar van Afrikaans as ’n amptelike taal

Issued by Willie Aucamp LP – DA Nasionale Woordvoerder
08 May 2025 in News
Nota aan redakteure: Vind aangeheg Afrikaans en Engelse stemnota deur Willie Aucamp LP.

Vandag vier die Demokratiese Alliansie (DA) saam met miljoene Suid-Afrikaners die merkwaardige mylpaal van 100 jaar van Afrikaans as een van Suid-Afrika se amptelike tale en as deel van ons land se ryk taalkundige tapisserie.

Afrikaans is ’n belangrike komponent van die kultuur en identiteit van miljoene mense wat deur hul taalband verbind is. Die plek en rol van Afrikaans in Suid-Afrika is kosbaar, en taalregte is menseregte.

Ons erken die ryke en onvervreembare diversiteit van ons land deur middel van sy 12 amptelike tale. Elke taal op sy eie is ’n beskermde reg van sy sprekers, en al 12 saam verteenwoordig die grondwetlik beskermde taalkundige diversiteit van ons groot land.

Ons sal aanhou om te veg vir die beskerming van alle amptelike tale, en vir Afrikaans is die stryd vandag — waarin die DA glo — dat dit nooit bedreig mag word in skole, universiteite, die media en die openbare lewe waar ander dit probeer uitskakel nie.

Sommige klein partye het vandag gekies om hierdie belangrike mylpaal te probeer misbruik vir politieke gewin; maar die DA verwerp dit ten sterkste. Die DA is ’n party vir die diverse en verenigde mense van Suid-Afrika, en ons sal taalregte vir ALMAL verdedig en beskerm — daarom vier ons vandag Afrikaans.

English version

DA celebrates 100 years of Afrikaans as an official language

Today, the Democratic Alliance (DA) has joined millions of South Africans in celebrating the remarkable milestone of 100 years of Afrikaans as one of South Africa’s official languages and as part of our nation’s linguistic tapestry.

Afrikaans is a critical component of the culture and identity of millions of people who are connected through their linguistic bond. The place and role of Afrikaans in South Africa is sacrosanct, and language rights are human rights.

We recognize the rich and inalienable diversity of our country, through its 12 official languages. Each one on its own is the protected right of its speakers, and all 12 collectively are the constitutionally protected linguistic diversity of our great country.

We will continue to fight for the protection of all official languages, and for Afrikaans the fight today in which the DA believes is for it to never be threatened in schools, universities, the media, and public life where others seek to eliminate it.

Some small parties have chosen today to make this momentous milestone a political point-scoring; but the DA rejects this. The DA is a party for the diverse and united people of South Africa, and we will defend and protect language rights for ALL, which is why today, we celebrate Afrikaans.