Please scroll down to an Arikaans version of this statement.
The Democratic Alliance (DA) welcomes the decisive action taken by Minister of Home Affairs Dr Leon Schreiber to transform the department’s identity verification service into a world-class infrastructure.
50% failure rate and 40,000 hours of downtime demand action.
For years, the Department of Home Affairs has provided access to its national identity database at just 15 cents per transaction—substantially below the actual cost of maintaining the service. This artificially low fee made it impossible to invest in upgrades, contributing directly to a 50% failure rate and an indirect impact on Home Affairs system downtime which totalled an astonishing 41,691 working hours over the five years of the previous administration.
To put this into perspective, this is four times more working hours than were lost due to load shedding. Such unreliability did not just inconvenience banks—it held back job seekers, delayed social support, and frustrated the daily lives of countless South Africans. It affected everything from access to education to the opening of a simple bank account.
The 50% failure rate of the previous system will now be reduced to under 1%, a step change improvement in reliability and responsiveness.
The DA supports the new R10 verification fee as a practical step toward stabilising and upgrading the Home Affairs system. The goal is not profit—but performance. Without this change, South Africa cannot hope to build a functioning digital state that serves its people fairly and consistently.
We note that while some have expressed concern about the fee increase, others have recognised the value of a reliable verification system and welcomed the change. Their differing reactions reflect the broader debate in the sector, but one thing is clear: the status quo was not sustainable.
Minister Schreiber’s decision strikes the right balance between ensuring cost recovery and building a modern and reliable identity system. The DA urges that all revenue from this revised fee be ringfenced to support digital infrastructure and reduce the down-time that have plagued the system for too long.
This reform is a vital step towards restoring public confidence in Home Affairs. It’s time that South Africans had access to an ID verification system that is not only secure and efficient but available when needed.
DA steun Minister Schreiber se deurslaggewende hervorming van Binnelandse Sake se identiteit-verifiëringstelsel
Die Demokratiese Alliansie (DA) verwelkom die deurslaggewende optrede van Minister van Binnelandse Sake, Dr. Leon Schreiber, om die departement se identiteit-verifiëringsdiens te omskep in wêreldklas-infrastruktuur.
‘n 50% Mislukkingskoers en 40 000 ure van stelselonderbreking verdien deurslaggewende optrede.
Vir jare het die Departement van Binnelandse Sake toegang tot sy nasionale identiteitsdatabasis teen slegs 15 sent per transaksie verskaf—aanmerklik laer as die werklike koste om die diens in stand te hou. Hierdie kunsmatig lae fooi het dit onmoontlik gemaak om in opgraderings te belê, en het direk bygedra tot ’n mislukkingskoers van 50% en indirek tot altesaam 41 691 werksure se stilstand oor die vyf jaar van die vorige administrasie.
Om dit in perspektief te plaas is dit vier keur meer werksure as die wat as gevolg van beurtkrag verloor was. Hierdie onbetroubaarheid het nie net banke ongerief veroorsaak nie—dit het werksoekers teruggehou, sosiale ondersteuning vertraag, en die daaglikse lewens van duisende Suid-Afrikaners negatief beïnvloed. Dit het alles geraak van toegang tot onderwys tot die opening van ’n eenvoudige bankrekening.
Die 50% mislukkingskoers van die vorige stelsel sal blykbaar nou tot onder 1% verminder word.
Die DA ondersteun die nuwe R10-verifikasiefooi as ’n praktiese stap om die Binnelandse Sake-stelsel te stabiliseer en op te gradeer. Die doel is nie wins nie—maar werkverrigting. Sonder hierdie verandering sal Suid-Afrika nie ’n funksionele digitale staat kan bou wat sy mense billik en betroubaar bedien nie.
Ons neem kennis daarvan dat sommige hulle bekommernisse oor die fooi-verhoging uitgespreek het, maar ander het die waarde van ’n betroubare verifikasiestelsel raakgesien en die verandering verwelkom. Die uiteenlopende reaksies weerspieël die breër debat in die sektor, maar een ding is duidelik: die status quo was nie volhoubaar nie.
Minister Schreiber se besluit vind die regte balans tussen kosteherwinning en die bou van ’n moderne, betroubare identiteitstelsel. Die DA doen ’n beroep dat alle inkomste uit hierdie hersiene fooi geringmerk word om digitale infrastruktuur te ondersteun en die stilstand te verminder wat die stelsel al te lank geteister het.
Hierdie hervorming is ’n belangrike stap om openbare vertroue in Binnelandse Sake te herstel. Dit is tyd dat Suid-Afrikaners toegang het tot ’n ID-verifiëringstelsel wat nie net veilig en doeltreffend is nie, maar ook beskikbaar is wanneer dit nodig is.