Note to Editors: Please find attached English and Afrikaans soundbites by Willie Aucamp MP.
Please scroll down to an Afrikaans version of this statement.
Earlier this week I attended the FMD Indaba opened by Minister Steenhuisen, where he reiterated the urgent need to build local vaccine manufacturing capacity while committing to empowering and restructuring both Onderstepoort Biological Products (OBP) and the Agricultural Research Council (ARC).
This was a first-of-its-kind indaba of over 400 key role-players in agriculture and animal health, assembled by Minister Steenhuisen. The DA supports the “whole-of-society” approach to strengthening biosecurity, where government creates an enabling environment for private sector participation.
The lack of available locally-manufactured agricultural vaccines remains a serious crisis for South Africa inherited from years of inaction under the previous ANC administration, where the capacity to manufacture vaccines was allowed to collapse at Onderstepoort and the ARC.
The result of this mismanagement over many years of ANC Ministers is that vaccine availability remains a critical concern.
Without this local vaccine production capacity, the Agriculture Department under Minister Steenhuisen did swiftly procure 900,000 vaccines from Botswana – and this is welcomed – but it does not create long-term certainty of vaccine availability for South Africa.
For this reason Minister John Steenhuisen’s drive to restore local vaccine production capacity in South Africa, is the right thing to do for South Africa’s long term agriculture security.
The ARC as the institution responsible for manufacturing Foot and Mouth Disease vaccines, must be capacitated and held accountable for delivering on this critical mandate. The DA will continue to monitor developments at both ARC and OBP to ensure that long-term solutions are prioritised over short-term imports.
The DA also warmly welcomes a new regionalised management structure of the current Foot and Mouth Disease (FMD) outbreak, put in place by Minister of Agriculture John Steenhuisen.
Under this new approach, Minister Steenhuisen has appointed two senior, specialised veterinarians to manage a regional containment and mitigation operation, against Foot and Mouth Disease. Regional management will result in faster responses, better local implementation and better integration with local agricultural communities.
Most importantly a regionalised management of Foot and Mouth Disease would prevent local outbreaks from halting national trade. South Africa cannot afford an outbreak in, for instance Limpopo, to affect the exports from a province a great distance away, for instance the Eastern Cape.
This is an excellent initiative, to further enhance South Africa’s fight against the Foot and Mouth Disease outbreak, and keep agricultural trade going.
We also welcome the allocation of funding for feedlots and abattoirs in protection zones. This will help prevent the movement of infected livestock into disease-free areas, curbing transmission while boosting local economies and creating jobs.
In this regard, Minister Steenhuisen has led from the front, engaging openly with stakeholders and delivering practical interventions to turn the tide against FMD.
——————————————————————————————————————————————————————–
Bek-en-klouseer Indaba sluit welkome vordering in
Hierdie week het ek die Bek-en-klouseer Indaba bygewoon wat deur die Minister van Landbou, John Steenhuisen geopen is. Hy het weer eens die dringende noodsaaklikheid beklemtoon om plaaslike vervaardigingsvermoë vir entstowwe op te bou, terwyl hy hom daartoe verbind het om beide Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP) en die Landbounavorsingsraad (LNR) te bemagtig en te herstruktureer.
Dit was ’n eerste-van-sy-soort indaba wat saamgeroep is deur Minister Steenhuisen, en bygewoon is deur meer as 400 sleutelrolspelers in die landbou en diergesondheidsektor. Die DA ondersteun die minister se “geheel-van-die-samelewing”-benadering tot die versterking van biosekuriteit, waar die regering ‘n klimaat skep vir deelname deur die privaatsektor.
Die gebrek aan plaaslik-vervaardigde landbou-entstowwe bly ’n ernstige krisis in Suid-Afrika. Dit is die gevolg van jare se niksdoen onder die vorige ANC-administrasies, wat gelei het tot ‘n totale onvermoë deur OBP en die LNR om entstowwe te vervaardig.
Die gevolg van hierdie wanbestuur oor baie jare deur ANC-ministers is dat beskikbaarheid van entstowwe steeds ’n kritieke bekommernis bly.
In die afwesigheid van plaaslike entstofvervaardiging, het die Departement van Landbou onder Minister Steenhuisen wel vinnig opgetree deur 900,000 entstowwe van Botswana aan te koop – en dit word verwelkom. Dit skep egter nie langtermynsekerheid oor entstofbeskikbaarheid vir Suid-Afrika nie.
Om dié rede is Minister John Steenhuisen se dryfkrag om plaaslike entstofvervaardiging in Suid-Afrika te herstel die regte ding om te doen vir die land se langtermyn landbousekerheid.
Die LNR, as die instelling verantwoordelik vir die vervaardiging van bek-en-klouseer-entstowwe, moet toegerus word en aanspreeklik gehou word vir die lewering van hierdie kritieke mandaat. Die DA sal voortgaan om ontwikkelinge by sowel die LNR as OBP dop te hou om te verseker dat langtermynoplossings bo korttermyninvoere geprioritiseer word.
Die DA verwelkom ook Minister Steenhuisen se instelling van ‘n nuwe streekgebaseerde bestuursmodel vir die huidige bek-en-klouseer-uitbreking.
In hierdie nuwe benadering het Minister Steenhuisen twee senior, gespesialiseerde veeartse aangestel om ’n streekbeheers- en mitigasie-operasie teen bek-en-klouseer te bestuur. Streekbestuur sal lei tot vinniger reaksie, beter plaaslike implementering en sterker integrasie met plaaslike landbougemeenskappe.
Die belangrikste voordeel is dat ’n streekgebaseerde bestuur van bek-en-klouseer sal verhoed dat plaaslike uitbrekings nasionale handel tot stilstand bring. Suid-Afrika kan dit nie bekostig dat ’n uitbreking in byvoorbeeld Limpopo die uitvoere van ’n provinsie ver verwyderd soos die Oos-Kaap beïnvloed nie.
Hierdie is ’n uitstekende inisiatief om Suid-Afrika se stryd teen die uitbreking van bek-en-klouseer verder te versterk en landbouhandel aan die gang te hou.
Ons verwelkom ook die toewysing van befondsing vir voerkampe en abattoirs in beskermingsones. Dit sal help om die beweging van besmette vee na siektevrye gebiede te verhoed, die oordrag te beperk en terselfdertyd plaaslike ekonomieë te stimuleer en werksgeleenthede te skep.
In hierdie opsig het Minister Steenhuisen leiding geneem, deur openlik met belanghebbendes te skakel om praktiese ingrypings te lewer sodat die gety teen bek-en-klouseer omgedraai kan word.