Die Stellenbosch Munisipaliteit is bewus van uitdagings rakende die riviere in ons omgewing. Ons werk egter onverpoos voort om probleme aan te spreek en die resultate sal stadig maar seker begin duidelik word.
‘n Groot probleem is die bestaande rioolsuiweriingsaanleg se kapasiteit wat onvoldoende is. Die opgradering van die Stellenbosch Rioolsuiweringsaanleg is egter ‘n prioriteit en die probleem word reeds aangespreek. Die aanleg hanteer op hierdie stadium 25 megaliter per dag maar is gebou om ʼn kapasiteit van 20 megaliter per dag te hanteer. Die Munisipaliteit is tans besig om die aanleg op te gradeer om 35 megaliter per dag te hanteer. Die projek reeds het in 2015 begin. Met ‘n totale spandering van ongeveer R410 miljoen, sal dit die grootste kapitaal projek in die geskiedenis van die Stellenbosch Munisipaliteit wees. Nadat die eerste fase van die projek afgehandel is, sal die kapasiteit van die aanleg verhoog na 27 megaliter per dag en rioolslyk fasiliteite verhoog na 35 megaliter per dag. Daarna sal die tweede fase van die projek begin wat uiteindelik die aanleg se kapasiteit sal verhoog na 35 megaliter per dag. Totdat die nuwe fasiliteit die verhoogde kapasiteit kan hanteer het die Munisipaliteit ‘n “belt filter press” ten duurste gehuur wat die druk op bestaande fasiliteit sal verlig.
Die Munisipaliteit het nou verskeie prosesse in plek gestel om te verseker dat die finale uitvloeisel van die aanleg wat in die rivier vloei voldoen aan al die wetlike vereistes. Watermonsters word gereeld geneem. Nuwe protokol is ingestel om die vloei van rioolslyk in die rivier te voorkom en te beperk. Foutiewe gereedskap is in 2016 vervang om seker te maak dat die water wat in die Veldwacthersrivier vloei word behoorlik ontsmet word. Die Munisipaliteit het onlangs begin met die proses om die nommer 2 verouderingsdam te ontslik om die kontaminasie van die afvloei te voorkom voor dit in die rivier beland.
Die Munisipaliteit gaan binnekort ook die fisiese skoonmaak van die Eerste- en Veldwachtersriviere onderneem en dit sal deel wees van die Munisipaliteit se EPWP (Extended Public Works/ Uitgebreide Openbare Werke) program. Ons ondersoek tans die moontlikheid van bio-remediërende byvoegings wat ekologies veilig en aanvaarbaar is om die slik verder af te breek.
Die beskerming en onderhoud van ons varswater bronne is uiters belangrik en ons werk saam met verskeie rolspelers om volhoubare oplossings te implementeer. Die Munisipaliteit vorm ook deel van ‘n Rivier Samewerkingsgroep wat bestaan uit verskeie rolspelers insluitende boere en nie-regeringsorganisasies. Hulle vergader op ‘n gereelde basis om nuwe oplossings en inisiatiewe te bespreek en te implementeer wat die water gehalte van Stellenbosch se riviere sal verbeter.