Uit die pen

18 Feb 2020 in Where We Govern

Die inwoners van Drakenstein Munisipaliteit het al keer op keer bewys dat as ons almal saamstaan, ons baie kan bereik. Ons het die onlangse water krisis as ‘n gemeenskap aangepak en saam gewerk om water te bespaar.

Nou staar ons nog ‘n groot uitdaging in die gesig. Die keer kan ons egter nie die blaam op die droogte of Eskom se skouers pak nie, ons moet eerder na ons eie gedrag .

Besoedeling, rommelstrooiing en onwettinge storting is besig om toe te neem. Dit is ‘n probleem wat onlangs deur die redakteur van die koerant, gemeenskapsorganisasies en lede van die publiek uitgewys is as ‘n kwessie wat dringende aandag moet geniet.

Die Munisipaliteit neem die saak baie ernstig op en doen alles in ons vermoë om te verseker dat daar genoeg vullisblikke in openbare plekke is, dat huishoudelike vullis op skedule verwyder word en dat stortingsterreine effektief bestuur word.

Om hierdie stryd te wen het ons die ondersteuning van alle rolspelers in ons Munisipaliteit nodig. Gemeenskappe moet verantwoordelikheid vir hulle omgewing neem. Dit is ook die plig van ouers en onderwysers om kinders op te voed oor hoe belangrik dit is om nie rommel te strooi nie. Lede van die publiek moet met wetstoepassingsbeamptes saamwerk sodat diegene wat hulle aan onwettige storting skuldig maak, geïdentifiseer en beboet kan word.

Kom ons almal vat hande om Drakenstein skoon te maak en skoon te hou. ‘n Skoon stad is ‘n gesonde stad.

Menseregtedag word jaarliks op 21 Maart gedenk ter nagedagtenis aan die 1960 Sharpville-slagting. In die slagting van is 69 mense, 29 van hulle kinders, deur die polisie doodgeskiet tydens ‘n protesoptog teen die Dompaswet van die apartheid-era.

Daar is twee belangrike redes waarom ons hierdie nie net as bloot ‘n vakansiedag kan beskou nie. Eerstens was die Sharpville-slagting ‘n belangrike keerpunt in Suid-Afrika se geskiedenis en die bloedbad het daartoe gelei dat menige Suid-Afrikaners teen die apartheid regering in opstand gekom het.

Tweedens is dit ‘n geleentheid om die vooruitgange wat ons as ‘n land in die veld van menseregte gemaak het, te vier. Sedert Suid-Afrika die Handves van Regte in Hoofstuk 2 van die Grondwet ingeskryf het, het Suid-Afrika groot vordering gemaak met betrekking tot die bevordering en beskerming van ons landsburgers se menseregte.

Ons moet sonder twyfel die vordering wat ons gemaak het vier, maar ons moet nooit die opofferings wat ander gemaak het, vergeet nie. Ons moet ook nooit ons strewe daarna om alle menseregte te respekteer, laat vaar nie.

Dit is ons verantwoordelikheid om die belangrikheid van Menseregtedag aan die volgende geslag oor te dra en om die regte voorbeeld aan hulle te stel.