Gasstowe laat Weskussers se harte warm klop

03 Mar 2020 in Where We Govern

 ‘n Vennootskap tussen Weskus Distriksmunisipaliteit en Sunrise Energy in Saldanha het die hart van die breë  Weskus gemeenskap laat warm klop toe hulle gasstowe aan organisasies en behoeftige huishoudings geskenk het.

Die Burgemeester van die Weskus Distriksmunisipaliteit, Raadsheer Harold Cleophas, het tydens die oorhandiging die belangrikheid beklemtoon van innoverende vennootskappe wat die behoeftes van gemeeskappe aanspreek. “Daar word van munisipaliteite verwag om meer te doen met ‘n kleiner begroting. Daarom is samewerkingsooreenkomste met die privaat sektor uiters belangrik om groter verskille in gemeenskappe te weeg te bring” het die raadsheer gesê.

Susana Booysen van die plaas Uitvlug in die Bergriveir munisipale area was in trane toe sy die burgemeester, munisipale amptenare en personneel van Sunrise Energy vir die skenking bedank. “ Ons maak buite vuur om krag te bespaar, maar die laaste paar winters was dit moeilik met die koue en nat weer. Dit is ‘n bedekte seen dat julle vandag hier is. Hier op die plaas kan dit soms eensaam raak, maar dit is verblydend om te weet dat julle aan ons gedink het end at julle weet wat ons behoeftes is” het sy gesê.

Burgemeester Cleophas en lede van die gemeenskap tydens die instalering van gasstowe by Uitvlug plaas.