Die Brandweerdiens van Weskus Distriksmunisipaliteit in samewerking met die plaaslike Brandbeskermersvereniging is tans besig met baanbreker werk in die Riebeek Vallei waar hulle grondeienaars bystaan met die uitvoering van beheerde brande. Hierdie beheerde brande word uitgevoer om die risiko op beskadiging van eiendom te verminder, lewens te beveilig en ook om vernuwing van seldsame plantspesies soos fynbos te bewerkstellig.
Volgens WDM se brandweerhoof, Bertus Senekal, word die beplanning van van beheerde brande jare vooruit gedoen. “Cape Nature, die plaaslike Brand Beskermers Assosiasie, Swartland Munisipaliteit en die eiendom eienaars werk almal saam met die uitvoering van hierdie brande. Omdat landbou ‘n groot ekonomiese dryfveer in die area is, is dit uiters belangrik dat ons die brand risiko op hierdie sektor verminder. Indirek kan ons dan werksverliese voorkom en die ekonomie help groei” het die brandweerhoof gesê.
WDM bedank die plaaslike gemeenskap vir hulle verdraagsaamheid gedurende die beheerde brand in Riebeek.
