Geleentheid van ‘n leeftyd vir Weskus leerders

03 Mar 2020 in Where We Govern

 ‘n Vennootskap tussen die Weskus Distriksmunisipaliteit en Kiez maak dit moontlik vir jeug van die Weskus om jaarliks Duitsland te besoek as deel van ‘n uitruilprojek. Hierdie projek poog om leerders se kennis en verstaan van verskillende kulture te verbreed, om leierskap te ontwikkel en om groter verantwoordelikheidsin by leerders te kweek. Leerders wat hierdie projek wil mee maak word jaarliks aangemoedig om aansoek te doen. Die leerders is onderworpe aan ‘n streng seleksieproses wat ‘n onderhoud insluit.

“Hierdie program het baie jong leerders se uitkyk op die lewe verander. Dit is verblywend om te sien hoe leerders selfvertroue opbou en hul ervaringe met ander leerders in hul skool en gemeenskap deel” sê Melonice Blankenberg, Projekbestuurder by WKDM.

Leerders van Duitsland besoek ook jaarliks die Weskus as deel van dieselfde program. Suid Afrikaanse families kry dan die geleentheid om van die Duitse leerders vir ‘n naweek te huisves.