Nuwe brandweerwa vir WKDM

03 Mar 2020 in Where We Govern

Die Weskus Distriksmunisipaliteit het hul brandweerkapasiteit aanvul met die aankoop van ‘n splinternuwe brandweertrok ter waarde van R1,17 miljoen.

Weskus Distriksmunisipaliteit is hoofsaaklik verantwoordelik vir die voorkoming en blus van veld- en chemiesebrande. Gedurende die somer van 2017/18 was die brandweermanne taamlik besig regoor die weskus om brande te blus. Volgens die Brandweerhoof van WKDM, Bertus Senekal, word baie veldbrande begin deur die agterlosigheid van mense. “Baie brande kan vermy word indien mense meer verantwoordelik optree. Brande wat naby hoofpaaie plaasvind plaas nie net druk op brandweerpersoneel nie, maar veroorsaak ook padveiligheidsrisikos” het Senekal gesê.

Die blus van brande plaas ook druk op ‘n reeds uitgeputte waterbronne en daarom moet een elkeen sy rol speel om brande te voorkom.