WDM in samewerking met die Provinsiale Regering, Departement Vervoer en Openbare Werke, het die herkonstruksie van die Uitkykpas in Algerië moontlik gemaak. Die projek, ter waarde van R21.7 miljoen, het toegang tot verskeie plase en populêre kampeerterreine in die area verbeter en terselfde tyd ook tydelike werk vir mense van die plaaslike area geskep. Volgens die projekbestuurder by WDM, Grant Wentzel, was dit ‘n uitdagende projek omdat hulle geen keuse gehad het om die pad heeltemal te sluit tydens konstruksie nie. “Ons wil net die plaaslike padgebruikers sowel as die besoekers bedank vir hulle verdraagsaamheid tydens die konstruksieperiode. Ons weet dat die alternatiewe roetes aansienlik verder was, maar ons weet dat die nuut gekonstruktureerde pad net tot voordeel van die gebied sal wees” het Wentzel gesê.
