Die verwoestende brand wat op 30 Desember 2018 in Wupperthal uitgebreek het en verskeie wonings en geboue verwoes het, het ook ‘n reuse gesondheidsrisiko vir die inwoners ingehou. Tydens die brand het verskeie asbestos geaffekteerde strukture afgebrand en moes WDM in samewerking met verskeie rolspelers planne in plek sit om die omgewing weer te beveilig.
Indien asbestos, ‘n giftige natuurlike mineraal, nie sorgvuldig verwyder word nie kan dit ernstige gevolge vir mens en die omgewing inhou. WDM se Omgewingsgesondheids afdeling, tesame met ander rolspelers, se flink optrede met die verwydering van die asbestos geaffekteerde materiaal het die risiko van erge besoedeling aansienlik vermider.
