Maquassi Hills - Wyk 5

Leer Don Van Zyl ken

Don is ‘n aktiewe raadslid sedert 2006 in diens van die gemeenskap. Inwoners het hom die bynaam ‘DA Don van Zyl‘ gegee en hy is die aanspreekpunt vir enige dienslewering navrae.

Don is ‘n toegewyde familie man, ‘n trotse man aan Karina en pa aan Donavan en Tiaan. Hy hou sy Christelike geloof hoog en leef ’n beginselvaste lewe in diens van ander. Hy geniet dit ook om sy vier honde vir lopies te neem op ‘n gereelde basis.

“Ek geniet dit om in diens vir my gemeenskap te wees. Elke dag bring uitdagings soos ek veg om die lewe van inwoners ‘n bietjie beter te maak, deur dienslewering kwessies te beantwoord. As ons net die basiese reg doen, kan ons Maquassi Hills red en ons dorpe herbou tot hul voormalige glorie.” – Don Van Zyl

My prioriteite:

Dienslewering

Ek wil voortgaan om te veg vir verbeterende dienslewering vir alle inwoners in Wyk 5. Inwoners sukkel gereeld met water, elektrisiteit,sanitasie en vullisverwydering kwessies. As ‘n Wyk 5 raadslid, sal ek ‘n groter rol speel om te verseker dat daar voldoende befondsing is om die wyk te dien.

Gemeenskapsveiligheid

Inwoners het nodig om veilig te voel in hul huise en in die dorp. Ek sal met emeenskapslede werk, die Polisie, en private sekuriteit om die gemeenskapspolisierings forum te laat herleef en om vir meer sigbare polisie te veg.

Plaaslike Ekonomie

Wolmaransstad is ‘n strategiese rusplek tussen die Noordkaap en Gauteng. Ek sal hard werk om in die ekonomiese potensiaal te benut deur fasiliteite te verbeter regdeur die dorp wat besighede en handelaars ondersteun.

Die DA is die enigste organisasie met die vaardigheid en die politieke wil om in die belang van die inwoners te regeer. Maak Wyk 5 weer DA. Dit gaan ons ‘n tree nader aan die bou van ‘n dorp wat ons oor trots is bring.

Kan ek in die verkiesing stem?

Jy kan as jy geregistreer is by een van hierdie stemlokale in Wyk 5 Maquassi Hills:

86830059 – HOLLOWAYSRUST FARM

68620060 – SKIETPAN PRIMARY SCHOOL

86820846 – TENT AT KATBOSCHFONTEIN ROAD R504

86820846 – WELCOME DAY CARE CENTRE

86960043 – WOLLIES TOWN HALL

Om u registrasiebesonderhede na te gaan, besoek asseblief: https://check.da.org.za

 

Endossemente