Leer Bertram Jantjies ken
Bertram het na sy skoolloopbaan in Kaapstad gaan werk en in 2021 weer teruggekeer na sy tuisdorp waar hy betrokke geraak het in die plaaslike politiek, gedryf deur sy wens om sy medemens te help.
Sy politieke betrokkenheid het onstaan by die ANC toe hy die veldtogbestuurder was van die wyk 9 kandidaat tydens die plaaslike verkiesing. Sy bydrae het gehelp om die verkose raadslid, die jongste burgemeester van Oudtshoorn te laat word.
In 2024, het Bertram ‘n lid van sy voormalige party, die PA geword. Hy het as kandidaat vir die party tydens n verkiesing in wyk 9 gestaan en die wyk gewen. Dit was egter van korte duur, want na ongeveer 4 maande as die wyksraadslid het hy besef dat die PA, weens verskeie faktore, nie die beste voertuig is waarmee hy sy gemeenskap wou dien nie.
Hy is ontnugter deur die werklikheid en het ‘n besluit geneem om te bedank in belang van die gemeenskap. Met Bertram se hart wat steeds warm klop vir sy gemeenskap het hy besef dat verandering nodig is en het met oortuiging en gemoedsrus finaal besluit om by die Demokratiese Alliansie aan te sluit.
Die DA is waar hy homself kan uitleef en deel van ‘n span kan wees wat die belange van die mense op die hart dra.
Bertram se gemeenskapsbetrokkenheid sluit in sy voorsitterskap by die Local Drug Action Committee in Dyselsdorp, sy deelname by die plaaslike rugbyklub, asook die skool se beheerliggaam.
Hy was ook sedert 2021 deel van die wyk se munisipale wykskomitee. Hy het verskillende projekte gedryf. Een daarvan is die fasilitering van ‘n borgskap ter waarde van R 38 000, vir n meisie wat ‘n suurstofmasjien benodig het. Dit alles omdat hy sy gemeenskap met oorgawe dien.
My prioriteite:
Onwettige Storting:Ek sal werk om die probleem van onwettige storting aan te spreek deur bewustheid te skep en op te tree teenoor diegene wat ons omgewing benadeel.
Dienslewering: Ek streef daarna om die kwaliteit van dienslewering aan die inwoners van Wyk 9 te verbeter deur te fokus op efektiewe kommunikasie met die gemeenskap en die verbetering van dienslewering. Ek sal verseker dat ons slaggatte en stormwater probleme die nodige aandag geniet.
Jeugontwikkeling: Ek sal werkskemas en programme loods wat op jeugontwikkeling fokus, om sodoende ons jongmense te bemagtig en hulle ‘n kans op ‘n beter toekoms te bied. Ek sal ook sorg dat daar ook sport geleenthede en programme vir die Jeug geskep word deur samewerking met die Weskaap se Departement van Sport en Kultuur sake.
Kan ek in die verkiesing stem?
Jy kan as jy geregistreer is by een van hierdie stemlokale in Wyk 9 Oudtshoorn:
98250037 – DUSSELSDORP SEKONDER
98250048 – KOLPING HOUSE
98340116 – RODEWAL USS PRIMERE SKOOL
98340093 – VOLKSKERK
Om u registrasiebesonderhede na te gaan, besoek asseblief: https://check.da.org.za