U Algemene Vrae Beantwoord

1.Is die DA in krisis, en indien wel wat is die aard van die krisis?

Die DA is nie in krisis nie. Ons het probleme wat ons eerlik en ootmoedig in ag geneem het. Die bedankings van Mmusi Maimane en Athol Trollip is dus nie die oorsaak van ons probleem nie maar wel een van die gevolge daarvan. In die DA is ons leiers verantwoordbaar en ons los probleme en moeilikhede op deur daadwerklike aksie. Ons stelsels en reels is weldeurdag en word algemeen aanvaar en ondersteun.

2.Wat is die omvang en oorsake van die probleme in die DA?

Die grootste simptoom was die uitslag van die 2019 verkiesing wat getoon het dat ons steun verloor het oor n bree spektrum van ons kiesers. Ons ondersteuners het dus n duidelike boodskap gestuur en ons moes luister. Mmusi Maimane het as voormalige Leier n paneel aangestel om ons omstandigehede te ondersoek om te bepaal wat die oorsake van die 2019 uitslag was, en hoe om dit reg te stel. Dit was die korrekte besluit, alhoewel moeilik maar dapper. Die paneel se volledige verslag asook die resolusies wat geneem is by die Federale Raad is hier verkrygbaar. Die hoof bevinding van die verslag, wat deur Federale Raad aanvaar is, is dat die leierskorps nie die regte span is om ons uit die huidige situasie te lei nie, en n aanbeveling is gemaak dat die span moet bedank. Dit is wat nou gebeur het. Ons sal eersdaags n opgesomde aksieplan beskikbaar stel wat verdere stappe sal uitlig.

3. Hoekom praat die media van n rassekwessie in die party?

Ongelukkig is “ras” die media kommentators se handigste verskoning want dit maak vir n makliker hoofopskrif as om n diep en eerlike analise te doen. Enigeen wat die panel se verslag lees sal baie duidelik sien dat ras nie n rol speel nie. Van die 6 senior leiers wat onlangs bedank het as gevolg van aanbevelings in die verslag, is 4 wit en 2 swart.

4.Wat gaan die gevolge wees van al hierdie bedankings?

Die verlies van stemme in 2019 was vir ons n diep skok en n harde les. Daar is n besef dat ons baie hard sal moet werk om steun en vertroue terug te wen. Maar ons het al in die verlede soortgelyke situasies hanteer (dink aan ons uitgerekte skeiding van die NNP, die verlies van Van Zyl Slabbert, Marthinus van Schalkwyk en so meer) en ten spyte van wye uitsprake van doem, het ons elke keer opgetree, hard gewerk en steun terug gewen.

5. Gaan ons weer n party word wat hoofsaaklik in die Weskaap gesetel gaan wees?

Dit is waar dat ons regerings in Johannesburg en Tswhane kwesbaar is weens ons gedwonge samewerking met die EFF. Ons is tans besig met n meningspeiling onder ons kiesers in daardie stede om te bepaal hoe hulle voel oor ons regeringsvermoe en hoe hulle ons dienslewering ervaar. Die uitslag van die peilings sal ons volgende stappe bepaal. Maar ons verstaan dat ons baie hard moet werk regoor Suid Afrika en ons is daartoe verbind.


6. Wat gaan volgende gebeur?

Die Federale Raad vergader op 17 November om n interim leier te verkies wat ons gaan lei tot die Federal Kongres wat binne die eerste helfte van 2020 gaan plaasvind. In die tussentyd gaan ons voorberei vir n beleidsberaad. Ons moet al ons takke en hoer strukture konsulteer om te beding vir n beleid-suite wat gebasseer is op ons waardes en waarmee ons n duidelike offer aan kiesers kan voorle. So n groot en belangrike onderneming kan nie oor n kersvakansie afgerammel word nie. Ons sal almal op hoogte hou van verwikkelinge.

7.Wat is die hoofboodskap aan ons kiesers en ons lede?

Die verslag van die oorsigpaneel is baie duidelik. Ons het n leierskap probleem. Nie n rassekrisis nie. Daadwerklike stappe om dit op te los is reeds onderweg. Ons neem die boodskap wat die Suid Afrikaanse kiesers vir ons gegee het dmv die 2019 uitslag baie ernstig op. Die DA is steeds die enigste beweging tans in ons land met die regeringsvermoe en toewyding  wat nodig gaan wees om ons almal se toekoms te verseker.