Vrystaatse plaasaanvalle – plattelandse  gemeenskappe moet hulself beskerm

Die regering faal in sy plig om sy kant van die sosiale kontrak met plattelandse gemeenskappe na te kom. Die basis van die sosiale kontrak is die veronderstelling dat die regering sy burgers sal beskerm, en in ruil hiervoor sal die burgers die regering se gesag aanvaar. Indien regerings nie hulle burgers beskerm nie, het die burgers ‘n reg en verpligting om dit self te doen.

Die regering se mislukking om plattelandse gemeenskappe in die Vrystaat teen misdadigers te beskerm, gee aan hierdie gemeenskappe die reg om hulself te bewapen met die doel om hulself en hul eiendom teen misdadigers te beskerm.

Terwyl plaasaanvalle in Suid-Afrika reeds 32 oorskry, het die Vrystaat die laaste twee weke vier plaasaanvalle ervaar. Daar was aanvalle tussen Reitz en Kransfontein op 15 Junie, op Tweespruit op 21  Junie, Petrusburg op 26 Junie, en tussen Zastron en Rouxville op 27 Junie. Eiendom is tydens die al die aanvalle gesteel, en in twee van die aanvalle is die slagoffers ernstig aangerand en beseer. In twee aanvalle kon die slagoffers hulself beskerm en is drie vermeende misdadigers in die proses hulle lewens kwyt.

Behalwe vir die plaasaanvalle was daar ‘n skerp toename in veediefstal, diefstal van gewasse soos mielies, kabeldiefstal, diefstal van toerusting en voertuie en oorgrensmisdaad langs die Lesotho-grens.

Die Suid Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in die Vrystaat ontvang nie die nodige hulpbronne om plattelandse misdaad te bekamp nie, en die Lesotho-Grens bly poreus ten spyte van die ontplooiing van die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW). Hierdie situasie word vererger deur die Covid-19 inperkings wat plaaspatrollies en buurtwagte verbied het om die SAPD met sigbare polisiering te ondersteun.

Boere en hulle werknemers bly kwesbaar en moet hulself met die nodige huplbronne toerus om hulself, hulle families en hulle eiendom teen misdadigers te beskerm. Die regering faal in sy taak om hierdie geïsoleerde gemeenskappe te beskerm wat mense die legitieme reg gee om aktiewe stappe te neem om hierdie veiligheids-lugleemte te vul. Indien ‘n persoon ‘n omheinde gebied of tuiste met kwaadwillige bedoelens oortree moet hulle aanvaar dat die regmatige inwoners van hierdie plekke hulself gaan beskerm.

Die Demokratiese Alliansie (DA) het ‘n opgedateerde en omvattende plattelandse veiligheidstrategie bekend gemaak om die SAPD se bestaande Plattelandse Veiligheidsbeleid aan te vul.

Die DA in die Vrystaattse Wetgewer sal vrae aan die die LUR vir Polisie, Paaie en Vervoer, mnr. Sam Mashinini, rig om die vordering met die implementering van die SAPD se beleid in die Vrystaat vas te stel.

Daar is ook reeds op aandrang van die DA ‘n ad-hoc komitee in die Vrystaatse Wetgewer saamgestel om die DA se private lid wetsontwerp, die Gemeenskaps-polisierings Wetsontwerp wat die implementering van die SAPD beleid sal onderseun, te hanteer.