Meer oor Rika Kruger

  • Rika is jou DA-kandidaat en ’n trotse inwoner van Wyk 1.
  • Haar loopbaan hoogtepunte is die volgende:
    – Takvoorsitter Hammanskraal (1999), Speaker in die Nokeng Tsa Taemane Plaaslike Munisipaliteit (2001), Lid van die Gauteng Provinsiale Wetgewer (2004), Streeks-DA-Voorsitter in Gauteng-Noord (2006-2007), Koukusvoorsitter van die Wetgewer (2004-2014), Lid van die Gautengse Provinsiale Wetgewer vir Maatskaplike Ontwikkeling en Landbou (2004-2014)
  • Sy het in die volgende rolle gedien:
    – Ondervoorsitter CMR Bela-Bela, Lid van SAFV op Bela-Bela, Lid van Riverbend Kleiskiet Dinokeng en Lid van VLU Bela-Bela.
  • Sy het ‘n Diploma in Bedryfsverhoudinge verwerf.
  • Sy is gelukkig getroud met Martin, en hulle het twee kinders, Shaun en Marika.

MY PRIORITEITE:

  • Onwettige storting:  Ek werk saam met die Munisipaliteit om te verseker dat streng wette  toegepas word ten opsigte van onwettige storting. Elke persoon het die reg om in ‘n gebied te bly waarop hulle trots kan wees.
  • Dienslewering: Ek het die LUR van plaaslike regering in Polokwane toegespreek oor die swak dienslewering in ons wyk en hy sal regstellende stappe neem. Met die hulp van Parlementslede sal ons opvolg om te verseker dat prosedures gevolg word. Ek sal ons gemeenskap terugvoering gee.
  • Verkeer en lisensiëring:  Daar is reeds ‘n groot verbetering weens die druk wat op die betrokke departement geplaas is. Die lang wagtydperke om lisensies te ontvang, het reeds aansienlik verminder deur voortdurende monitering van klagtes vanaf die publiek. Ek sal voortgaan om klagtes vanaf die publiek te monitor en druk op die betrokke departement toe te pas indien nodig.

‘n Kandidaat vir al die inwoners van Wyk 1