Leer ken Jonathan “Konsertjie” Smit

Leer ken Jonathan “Konsertjie” Smit

Jou DA-kandidaat, Jonathan, is die afgelope 26 jaar ‘n trotse inwoner van Theewaterskloof.

Hy het sy loopbaan as bestuurder vir Discom begin. Hy het toe by Elgin Vintners aangesluit as ‘n logistieke bestuurder. Hy werk tans vir homself.

Jonathan is ‘n Wyk 10-komiteelid en is deel van die Skoolbeheerliggaam.

Hy is getroud met Wilmarie en ‘n trotse pa van 3 kinders. Hy hou daarvan om tyd saam met mense deur te bring.

“Ek wil ‘n verskil maak in die lewens van mede-Suid-Afrikaners. Ek wil mense help om gelyke geleenthede te hê.”

– Johnathan “Konsertjie” Smit, Wyk 10 DA-kandidaat.

 

My prioriteite:

  • Onwettige storting: Ek sal saam met die munisipaliteit en plaaslike wetstoepassers werk om te verseker dat Onwettige storting die nodige aandag kry en om te verseker dat die mense wat die wet oortree, vervolg word.
  • Gesondheidsorg: Ek wil projekte in ons wyk uitrol wat inwoners sal bystaan met TB, kanker, ens. Ek wil ook graag ‘n gesondheidsbewusmakingsveldtog begin.
  • Dienslewering: Ek sal nou saam met die munisipaliteit werk om te verseker dat al ons inwoners net die beste dienste ontvang. Ek sal enige klagtes opvolg en terugvoer aan die inwoners gee.

“Ek sal altyd beskikbaar wees vir ons inwoners en jou na die beste van my vermoë bystaan. Ek sal jou terugvoer gee en op hoogte hou.”

– Johnathan “Konsertjie” Smit, Wyk 10 DA-kandidaat

 

 

Jonathan “Konsertjie” Smit is n kandidaat vir al die inwoners van Wyk 10, Theewaterskloof.