
- Lorraine is jou DA-kandidaat. Sy is ‘n trotse inwoner van Paarl.
- Sy het haar loopbaan as ‘n Administratiewe Klerk by Mooikelder Plaas begin. Sy het daarna aangesluit by Niewedrift Laerskool as ‘n Algemene Werker.
- Sedert 2016, is sy ‘n Lid van die Burgemeesterskomitee in die Drakenstein Munisipaliteit.
- Sy het twee liefdevolle kinders, Lorenchia Deodre en Campwill Gregan.
- Sy het deel gevorm van die volgende:
– Sondagskool onderwyser by Niewedrift Kerk,
– Lid van die Kirsten Trust,
– Kerkraadslid vir 8 jaar,
– Lid van DAWN (DA Vrouenetwerk), Wes-streek. - Sy geniet die natuur, om te lees en hou daarvan om bewusmakingsfunksies by te woon en te ondersteun.
My prioriteite:
- Onwettige stortings – Ek sal WhatsApp-groepe stig en inwoners help om klagtes in verband met onwettige stortings, met die hulp van wykskomitee lede aan te meld. Ek sal ook bewusmakingsveldtogte in ons wyk hou. Elke inwoner het die reg om in ‘n area te woon waarop hulle trots kan wees.
- Dienslewering – Dienslewering is die belangrikste aspek vir my. Elke klag moet so vinnig as moontlik aangemeld word. Ek sal deurlopend opvolg en vinnige terugvoer aan ons gemeenskap gee.
- Behuisingskwessies – My vorige portefeulje was Behuising en Eiendomsbestuur, en met die ervaring sal ek die gemeenskap kan help met riglyne rakende die waglys asook die verskillende tipes subsidies wat beskikbaar is.
- Werkloosheid – Ek sal inligting rakende EPWP-werksgeleenthede aan inwoners gee en ook inwoners met die aansoekvorms help, sodat die vorms by die kantoor ingedien kan word. Ek sal elke werksgeleentheid met ons gemeenskap deel en hulle aanmoedig om aansoek te doen.