Wyk 2 Swellendam

Leer ken Beate Joubert 

  • Beate is jou DA-kandidaat vir Wyk 2, en sy is die afgelope 28 jaar ‘n trotse inwoner van Barrydale. 
  • Sy het haar loopbaan by Sutterhome en Mondavi Cellar/Winery in Napa Valley in die wynmaak- en gasvryheidsafdeling begin. 
  • Sy het in 2000 haar eie restaurant met die naam Deli Alfresco begin. 
  • Sy is tans die eienaar en bemarker van Joubert-Tradauw.
  • Sy was op die komitee van die Toerismevereniging in Swellendam.
  • Sy is getroud met Meyer en hulle het 4 kinders.
  • Sy geniet tennis, draf, stap en  spyseniering.

“Ek wil ‘n verskil maak deur die lewens van mense wat in Wyk 2 woon, te verbeter.”  

– Beate Joubert, Wyk 2 DA-kandidaat 

MY PRIORITEITE

  • Afval: Ek sal verseker dat die huidige afval-insamelingsprogram na Barrydale uitgebrei word. Ek sal saam met die munisipaliteit werk vir die opgradering van die rioolnetwerk en dat proaktiewe instandhouding ingesluit is. 
  • Behuising: Ek sal gereelde kontak met die gemeenskap hê om te verseker dat hul inligting steeds korrek is op die behuisingsdatabasis. 
  • Werkloosheid: Ek sal werk om private-beleggings te lok om werksgeleenthede te skep deur infrastruktuur-opgraderings en instandhouding. Ek wil help om ons toerisme-ekonomie te laat groei. Ek sal daarna streef om die UOWP-uitreikprogramme na Barrydale te bring om te verseker dat die werklose inwoners van ons wyk vir hierdie programme gelys word. 
  • Dienslewering: Ek sal saam met die munisipaliteit werk om te verseker dat ons inwoners net die beste dienste ontvang. Ek sal amptenare aanspreeklik hou en verseker dat die fondse bestee word vir dit waarvoor dit bedoel is.
  • Geblokkeerde elektrisiteit: Ek sal help om betalingsreëlings vir ons inwoners binne die bestek van die munisipaliteit se kredietbeheerbeleid te fasiliteer.
  • Paaie: Ek sal saam met die munisipaliteit werk om te verseker dat meer fondse aan Barrydale toegeken word vir behoorlike padherstelwerk en instandhouding. 
  • Ek glo dat elke inwoner die reg het om in ‘n gebied te woon waarop hulle trots kan wees. 

 

'n Kandidaat vir al die inwoners van Wyk 2