Stem DA in Wyk 2 Swellendam

HOU BY DIE BLOU!

Stem vir DA kandidaat Beate Joubert in Wyk 2 Swellendam Tussenverkiesing op Woensdag, 22 Maart 2023 

 Leer ken Beate Joubert

Beate is jou DA-kandidaat vir Wyk 2, en sy is die afgelope 28 jaar ‘n trotse inwoner van Barrydale.  Sy het haar loopbaan by Sutterhome en Mondavi Cellar/Winery in Napa Valley in die wynmaak- en gasvryheidsafdeling begin. 

 Sy het in 2000 haar eie restaurant met die naam Deli Alfresco begin. Sy is tans die eienaar en bemarker van Joubert-Tradauw. 

 Sy was op die komitee van die Toerismevereniging in Swellendam. Sy is getroud met Meyer en hulle het 4 kinders. 

 Sy geniet tennis, draf, stap en  spyseniering. 

“Ek wil ‘n verskil maak deur die lewens van mense wat in Wyk 2 woon, te verbeter.”- Beate Joubert, Wyk 2 DA-kandidaat 

MY PRIORITEITE:

 Afval: Ek sal verseker dat die huidige afval-insamelingsprogram na Barrydale uitgebrei word. Ek sal saam met die munisipaliteit werk vir die opgradering van die rioolnetwerk en dat proaktiewe instandhouding ingesluit is. 

 Behuising: Ek sal gereelde kontak met die gemeenskap hê om te verseker dat hul inligting steeds korrek is op die behuisingsdatabasis. 

 Werkloosheid: Ek sal werk om private-beleggings te lok om werksgeleenthede te skep deur infrastruktuur-opgraderings en instandhouding. Ek wil help om ons toerisme-ekonomie te laat groei. Ek sal daarna streef om die UOWP-uitreikprogramme na Barrydale te bring om te verseker dat die werklose inwoners van ons wyk vir hierdie programme gelys word. 

 Dienslewering: Ek sal saam met die munisipaliteit werk om te verseker dat ons inwoners net die beste dienste ontvang. Ek sal amptenare aanspreeklik hou en verseker dat die fondse bestee word vir dit waarvoor dit bedoel is. 

 Geblokkeerde elektrisiteit: Ek sal help om betalingsreëlings vir ons inwoners binne die bestek van die munisipaliteit se kredietbeheerbeleid te fasiliteer. 

 Paaie: Ek sal saam met die munisipaliteit werk om te verseker dat meer fondse aan Barrydale toegeken word vir behoorlike padherstelwerk en instandhouding. 

 Ek glo dat elke inwoner die reg het om in ‘n gebied te woon waarop hulle trots kan wees. 

“Ek ken vir Beate al vir die laaste 19 jaar. Sy is ‘n vrou met inbors en kan as leier van die gemeenskap aangestel word. Ek glo as daar iemand is wat ons dorp kan herstel, is dit Beate. Sy staan sterk saam met die gemeenskap. Sy is ‘n ware steunpilaar.” 

– Maria Ben, Smitsville gemeenskap leier en aktivis vir vroue regte. 

“Ek ken Beate al +- 30 jaar. Sy is ‘n vaardige en dinamiese vrou. Sy werk hard en wil graag ‘n verskil maak vir Berrydale en sy omgewing. Ek weet dat sy sal opstaan vir ons gemeenskap in die Raad. Ek wens haar alle sterkte toe.” 

– Stephan Van Niekerk, Barrydale sake-eienaar 

Kan ek in die verkiesing stem? 

Jy kan as jy geregistreer is by een van hierdie stemlokale in Wyk 2 Swellendam: 

97880013 – FORTSHAVEN HALL 

98110054 – LEMOENSHOEK NGK PRIMARY SCHOOL 

98110065 – VLEIPLAAS PRIMARY SCHOOL 

Om u registrasiebesonderhede na te gaan, besoek asseblief: https://check.da.org.za  

Stem DA in Wyk 2 Swellendam