Meer oor Simoné Greeff

  • Simoné is jou DA-kandidaat. Sy is gebore en getoë in De Beers en sy is ‘n trotse lewenslange inwoner.
  • Sy het in 2020 vroeë kinderontwikkeling aan die Embury Teaching College begin studeer.
  • Simoné is ‘n onderwysassistent by Curro Jewel City (DigiEd).
  • Sy het ‘n passie om die gemeenskap te dien en het gemeenskapslede bygestaan om EPWP-projekwerkers te word.
  • Simoné het in 2016 by die DA aangesluit as ‘n hardwerkende aktivis en dit is haar ambisie om die gemeenskap te help om die wyk na sy voormalige glorie terug te keer.
  • Sy is ‘n trotse ma van haar 9-jarige dogter, Danmoné, en geniet dit om internasionale sport te kyk en na musiek te luister in haar vrye tyd.

My prioriteite:

  • Dienslewering: Ons wyk sukkel vreeslik met slaggate, kabeldiefstal van straatligte, onwettige storting, waterlekke en rioolprobleme. Ek sal alle kwessies aan die munisipaliteit rapporteer en binne 72 uur terugvoering aan die gemeenskap gee oor die vordering om dit reg te stel. As die munisipaliteit nie betyds kan help nie, sal ek plaaslike besighede nader vir hulp om kwessies reg te stel.
  • Misdaad: Ek sal help om ‘n buurtwag te stig om die polisie in ons wyk by te staan. Ek wil ook skuilings identifiseer vir onwettige plakkers wat hulle tot misdaad gewend het en onder die brûe woon.
  • Jeug: Die jeug het betrokke geraak by dwelms, alkohol en ander negatiewe neigings. Ek wil graag sportprogramme stig en hulle aanmoedig om by die gemeenskap betrokke te wees.
  • Werkloosheid: Die werkloosheidsyfer het inwoners se geestesgesondheid negatief beïnvloed. Ek sal my goeie verhoudings met maatskaplike werkers gebruik om motiveringspraatjies en -programme te help reël om mense aan te moedig en hoop te gee.

‘n Kandidaat vir al die inwoners van Wyk 21