Meer oor Mynard Slabbert

  • Mynard is u DA-kandidaat en hy is ‘n trotse inwoner van Jamestown, Stellenbosch, Wyk 21.

  • Hy het sy loopbaan as ‘n Kredietrisiko- en Produkverkoopsbestuurder by Boland Bank begin. Hy het toe by Nedcor aangesluit as ‘n streekverkoopsbestuurder. Hy is tans die mede-eienaar van Michelangelo International Wine & Spirits Awards. Hy het ‘n LLM-graad in Regte.

  • Hy is ‘n bestuurslid by Afriforum Stellenbosch verantwoordelik vir buurtwagte, ‘n lid van die Nasionale JKA karatespan, ‘n lid van die Wes-Kaapse JKA karatespan en ‘n lid van ‘n opleidingsinisiatief om minderbevoorregte jeugdiges en studente met basiese selfverdedigingstaktieke en veiligheidsbewustheid by te staan.

  • Hy is ‘n trotse pa van 2 kinders. Hy geniet dit om kortverhale te skryf, om Karate te beoefen, om te lees en lugvaart.

MY PRIORITEITE:

  • Werkloosheid: Ek glo vas in familiebesighede en ‘n lewendige KMO-sektor. Ek sal poog om klein en medium ondernemings wat wetlik voldoen en tuisnywerhede in Jamestown en Paradyskloof meer sigbaar te maak deur middel van bemarkings- en bewusmakingsveldtogte – ten einde lewensvatbaarheid, wins en werksgeleenthede te stimuleer.

  • Veiligheid: Jamestown, soos baie ander gebiede in Stellenbosch, het probleme met misdaad en veiligheid. Ek sal my ondervinding gebruik om ons Buurtwagte by te staan en te versterk en ek sal voortgaan om ‘n satellietpolisiestasie vir die gebied te steun. Ek sal met Rikus Badenhorst, wat nou in die Parlement dien, saamwerk om ‘n petisie hieroor in die Parlement in te dien.

  • Dienslewering: Ek beskou dit as ‘n noodsaaklike deel van ‘n Raadslid se pligte en onderneem om betrokke en kontakbaar te bly met alle inwoners in die Wyk, om te verseker dat diensleweringskwessies in die regte forums geopper word, en om in te gryp en onopgeloste kwessies vinnig op te volg.

“As inwoner van die Wyk sal ek altyd kontakbaar en beskikbaar wees om inwoners by te staan.

Ek sal verseker dat die relevante intervensies, waar nodig, plaasvind.”

Mynard Slabbert, DA-kandidaat vir Wyk 21

‘n Kandidaat vir al die inwoners van Wyk 21