Meer oor Devin Nieuwenhuyzen

  • Devin het in 2013 by die DA aangesluit en hy het as lid van die Tafelronde gedien.
  • Hy het ‘n B. ED-graad (Baccalaureus in Opvoedkunde) verwerf en studeer tans verder deur UNISA.
  • Devin is sedert 2009 met Mandi getroud en hulle het 2 kinders, Nathan en Lene.
  • Hy geniet die buitelewe. Hy hou van avontuur en om betrokke te raak by gemeenskapsprojekte.

MY PRIORITEITE:

  • Dienslewering: Dienslewering is ons nommer een fokus. Inwoners moet voorsien word van ‘n diens waarvoor hulle betaal op ‘n tydige konsekwente skedule. Ek sal help om oplossings vir probleme te vind deur relevante departemente te nader en deurlopend diensleweringskwessies aan te teken.
  • Onwettige storting: Onwettige storting is ‘n groot bekommernis in die meeste gebiede, aangesien dit gesondheids- en omgewingskwessies inhou. Ek sal inwoners aanmoedig om enige bewyse van onwettige storting te kommunikeer sodat daar teen ‘n individu of besigheid opgetree kan word.
  • Rioolprobleme: Rioolprobleme sal aan die betrokke departement gekommunikeer word en druk sal op hulle geplaas word om probleme so gou moontlik op te los.
  • Werkloosheid: Raadslede kan programme soek wat inwoners met die nodige vaardighede kan help en hulpbronne aan inwoners verskaf om CV’s te skep en aansoek te doen vir

‘n Kandidaat vir al die inwoners van Wyk 22