
- Encee is jou DA-kandidaat en hy ’n trotse inwoner van Govan Mbeki.
- Hy het sy loopbaan in 1982 by SANW as ‘n offisier begin, en in 1988 as Luitenant bedank. Hy het in 1988 by Protea Electronics aangesluit as ‘n Assistent Kredietbestuurder.
- Hy is die redakteur by The Bulletin (PTY) Ltd. Hy is ook ‘n Raadslid in die Govan Mbeki Munisipaliteit en Koukusleier.
- Hy is die Voorsitter van die SANBS skenker en Mpumalanga Zone-komitee. Hy is ‘n lid van die Zoneforumkomitee (Landwyd) en ‘n lid van die SANS-raad.
- Hy het by die DA in 2010 aangelsuit.
- Hy is gelukkig getroud met Elmarie, en hulle het twee kinders, Althea en Anandi.
My prioriteite:
- Dienslewering: Ek sal die slaggate en swak padtoestande aanspreek, ek sal saam met die munisipaliteit werk om ons paaie te laat regmaak.
- Onwettige storting: Ek sal saam met die munisipaliteit werk om tekens vir onwettige storting te plaas en om die stortingsterrein meer toeganklik vir ons inwoners te maak.
- Riool: Riool is ‘n voortdurende probleem, ek sal saam met die munisipaliteit werk om te verseker dat gereelde skoonmaak gedoen word om riooloorspoelings te vermy.