Meer oor Charleen van Nooi

  • Wyk 3 DA-kandidaat.
  • Inwoner van Saldanhabaai vir die afgelope 36 jaar.
  • Begin haar loopbaan in 1993 as Prinsipaal by Parish of Hoedjies Bay, kleuterskool in Saldanhabaai, White City.
  • Sedert 2004 is sy bestuurderes van White City Dagsorgsentrum.
  • Ondervoorsitter van die Saldanhabaai Voorskoolse Ontwikkeling-prinsipaalforum.
  • Sluit aan by die DA in 2011 en is sedertdien Wyk 3 DA Takvoorsitter.
  • Weduwee moeder van drie kinders; Claudette, Clayton en Sidney.
  • Sy geniet dit om met jong kinders te werk.

 

Ek wil die skakel tussen ons gemeenskap en die Munisipaliteit wees. Ek het ek ‘n passie vir ons gemeenskap. As raadslid wil ek daar wees vir alle inwoners–  Wyk 3 DA-Kandidaat, Charleen van Nooi

 

MY PRIORITEITE:

  • Onwettige storting – Ek sal help om die inwoners in te lig oor die gevare van onwettige storting vir hulle kinders. Ek sal saam met die Munisipaliteit werk om oplossing te vind.
  • Dienslewering – Ek sal my beywer om te verseker dat alle inwoners van Wyk 3 steeds die beste dienslewering ontvang.
  • Gesondheidsorg – Ek sal gereeld ons kliniek besoek en help verseker dat alle inwoners die nodige gesondheidsorg ontvang.
  • Werkskepping – Ek sal help om te verseker dat werksgeleenthede geskep word vir ons inwoners deur middel van Uitgebreide Openbare Werke-Programme.

‘N KANDIDAAT VIR AL DIE WYK 3 INWONERS!