Leer ken Herbert “Mr H” Davenport

U DA-kandidaat, Herbert “Mr H” Davenport, is die afgelope 60 jaar ‘n trotse inwoner van Pearston.

Hy het sy loopbaan by die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag begin. Daarna het hy die eienaar van ‘n bottelstoor en vulstasie op die dorp geword.

Hy is lid van die Pearston Belastingbetalersvereniging.

Hy is daar vir die gemeenskap. Hy het sy eie fondse gebruik om ‘n pomp aan te koop en te installeer sodat die gemeenskap lopende water kan hê.

 

My prioriteite:

Gesondheidsorg: Saam met die DA-aktiviste is ons tans besig om die plaaslike kliniek as ‘n versorgingsprojek op te knap. Dit sluit in die verf van die voorkant, die bou van ‘n nuwe stoep vir skadu, en die aanbring van glyvaste rubberverf by die loophelling. Dit sal ‘n deurlopende verbintenis wees om die plaaslike kliniek te ondersteun. Ek het ook medic-pakkies aan lede van die plaaslike gemeenskap geskenk.

Werkskepping: As ‘n sake-eienaar verstaan ek die belangrikheid van plaaslike ekonomiese ontwikkeling en om investering in Pearston in te bring. Klein besighede speel ‘n deurslaggewende rol in die stimulering van ekonomiese aktiwiteit in Pearston, en ek sal myself toewy om die stukrag te verskaf vir werkskepping deur te fokus op die groei van die plaaslike sake-omgewing.

Dienslewering: My passie is om uitnemendheid in dienslewering te verseker, veral waar betroubare elektrisiteit en watervoorsiening ter sprake is.

 

Herbert “Mr H” Davenport is 'n kandidaat vir al die mense van Wyk 4 Blue Crane