Leer ken Thinus Janse van Vuuren

Jou DA-kandidaat Thinus, is die afgelope 62 jaar ‘n trotse inwoner van Standerton.

  • Hy het heelwat rolle vervul in Plaaslike Regering. Hy het gewerk as ‘n Klerk in die Arbeidskantoor, Assistent Dorpsbestuurder van Sakhile, Sekretaris van Stanwest en Azalea woongebiede, Assistent Dorpssekretaris, Adjunk Dorpssekretaris, en Sekretarisbestuurder van Lekwa Munisipaliteit.

Hy was die Voorsitter van die Solidariteit  Unie van 2000-2007. Hy het ‘n BA-graad in politieke wetenskap behaal.

 “Ek wil ‘n raadslid word omdat ek gesien het hoe die dorp onder ‘n gebrek aan dienslewering ly. Ek wil dienslewering in ons wyk verbeter.”

– Thinus Janse van Vuuren

 

 My prioriteite:

  • Krane loop droog in Wyk 4, en dit is onaanvaarbaar. Toegang tot water is ‘n mensereg en moet deur die munisipaliteit verskaf word.
  • Ek belowe om te veg vir die herstel en instandhouding van ons stukkende straatligte.
  • Ek verbind my daartoe om onwettige storting in Wyk 4 aan te pak, veral die brandpuntgebiede teen die spoorlyn.
  • Ek sal alles in my vermoë doen om hierdie probleme op te los.
  • Ek sal altyd beskikbaar wees om na ons inwoners te luister en hulle na die beste van my vermoë by te staan.

My prioriteit is dienslewering vir die inwoners van Wyk 4 Lekwa.

'n Kandidaat vir alle inwoners van Wyk 4 Lekwa