Wyk 4 Langeberg

Leer Rodger Kortje ken 

Rodger is gebore en getoë in Bonnievale en is sy lewe lank ʼn trotse inwoner van die dorp. Hy werk tans in die kantoor van die Uitvoerende Burgemeester van die Langeberg Munisipaliteit en het sterk bande met al die gemeenskappe in die Langeberg, veral in Bonnievale waar hy woonagtig is.

In sy vrye tyd is hy deel van ʼn span wat “Drive by”-geleenthede hou vir bedroefde families in die gemeenskap. Hier ondersteun hulle die families deur vertroosting en bemoediging te bring in tye van rou.

Rodger is ook aktief betrokke by die Blue Birds Rugbyklub, waar hy as sekretaris op die bestuur dien en hom beywer vir die bevordering van sport in Bonnievale.

Sy visie vir Bonnievale sluit in verbeterde dienslewering, groter publieke deelname, ʼn groeiende plaaslike ekonomie wat werksgeleenthede skep om armoede te verlig, en die ontwikkeling van die jeug.

Rodger se prioriteite: 

Verbeterde Dienslewering: Padinstandhouding

Ek sal veg vir gereelde instandhouding en opgradering van paaie in ons gemeenskap. Dit sluit in die herstel van slaggate, skoon dreinering en beter beligting langs hoofpaaie en in woonbuurte. Ek sal saamwerk met die munisipaliteit en provinsiale strukture om ’n volhoubare padprogram te implementeer.

’n Veiliger Gemeenskap

Ek sal die samewerking tussen die polisie, gemeenskapspatrollies en buurtwagte versterk. Ek wil die gebruik van tegnologie soos kameras en beter straatligte bevorder om misdaad te beperk. Verder beoog ek om bewusmakingsprogramme in skole en gemeenskappe oor dwelmmisbruik en gesinsgeweld te ondersteun.

Bevordering van Sport en Jeugontwikkeling

Ek glo in belegging in sportfasiliteite en toerusting vir jongmense. Deur sporttoernooie en jeugprogramme bied ons alternatiewe teen dwelms en bendegeweld. Ek sal vennootskappe met plaaslike klubs en organisasies aanmoedig om talent te ontwikkel en hoop te bou vir ons jeug.

Toeganklike en Kwaliteit Gesondheidsdienste Ek sal werk om die dienste by klinieke en mobiele gesondheidsdienste in die wyk te verbeter. Meer gesondheids- en welstandsprogramme wat fokus op voorkoming en vroeë diagnose is noodsaaklik. Ek wil ook bewusmaking bevorder oor lewenstylsiektes, gesonde eetgewoontes en geestesgesondheid

Kan ek in hierdie verkiesing stem?

Jy kan as jy geregistreer is by hierdie stemlokaal in Wyk 4 Langeberg:

HAPPY VALLEY GEMEENSKAPSAAL

Om jou registrasiebesonderhede na te gaan, besoek asseblief: https://check.da.org.za  

'n Kandidaat vir al die inwoners van Wyk 4