
Leer Joselin Hendriks ken
Joselin Hendriks is ‘n jare lange en trotse inwoner van Bergsig.
Vanaf ’n jong ouderdom leef hy sy passie uit vir kinderontwikkeling, tans by Dr Isak Van Niekerk Laerskool te Bergsig as jeugsorg werker.
Op die ouderdom van 30 weet hy wat dit is om op die laagste vlak te begin en homself te bekwaam om hoër hoogtes te bereik. Sy loopbaan het dus baie kreatiewe draaie met hom geloop, vanaf ʼn nagwag by ‘n gewilde restaurant, handlanger vir ‘n boumaatskappy tot jeugwerker in sy gemeenskap en verskillende instansies.
My prioriteite:
Dienspunt:
Ek wil myself toespit en verseker dat daar ‘n funksionerende bemande dienspunt is en ‘n stelsel om alle kwessies aan te spreek binne die gemeenskap.
Paaie en infrastruktuur:
Ek wil verseker dat ons gemeenskap se padinfrastruktuur die nodige en gereëlde instandhouding verkry.
Jeugontwikkeling:
Ek sal my passie vir jeug ontwikkeling in die vorm van sportfasiliteite beskikbaarheid toespits. Ek wil ook naskoolse ondersteuning bied aan die jeug ten opsigte van ‘n CV opstel en nodige aansoeke vir tersiêre opleiding.
Entrepreneurs ontwikkeling in gemeenskap:
Dit is my visie om ‘n platvorm in Bergsig en ook in die breër Namakwaland te skep, waar persone met handvaardighede ‘n geleentheid gebied sal word om hulle produkte ten toon te stel en te verkoop.
Kan ek in die verkiesing stem?
Jy kan as jy geregistreer is by een van hierdie stemlokale in Wyk 5 Nama Khoi:
Bergsig Libra Hall
Om jou registrasiebesonderhede na te gaan, besoek asseblief: https://check.da.org.za