Hantam - Wyk 7

HOU BY DIE BLOU!

Leer Kasper Fourie ken

Die DA-kandidaat, Kasper Fourie, is ‘n trotse inwoner van Calvinia. Sy loopbaan het by ‘n Munisipaliteit in Namibië begin. Hy het vir 50 jaar by verskillende munisipaliteite gewerk. Hy het vir die laaste 18 jaar van sy loopbaan by die finansiële afdeling by Hantam munisipaliteit gewerk.

Hy is al 52 jaar met sy vrou, Marietha Fourie, getroud.

“Met my ondervinding weet ek dat ek ‘n verskil kan maak in die gemeenskap van Calvinia.”

– Kasper Fourie

My prioriteite:

Werkloosheid:

Om werkskepping te bevorder in ons gemeenskap waarby almal sal baat soos, byvoorbeeld, om skoonmaak projekte te loots.

Paaie:

In samewerking met die provinsiale regering genoeg padskrapers beskikbaar te stel om die gruis paaie van en na die plase in ‘n goeie toestand te hou.

Behuising:

Om te sien dat daar in oorleg met die provinsiale regering daadwerklik aandag gegee word aan die behuisings tekort in ons gemeenskap.

Onderwys:

Ek wil graag verseker dat onderwys by ons plaasskole behoorlik funksioneer sodat al die kinders in ons gemeenskap die nodige oderrig ontvang.

Gesondheid:

Ek wil maandelikse besoeke doen aan ons klinieke om te verseker dat ons gemeenskap die nodige gesondheidsorg kry.

Kan ek in die verkiesing stem?

Jy kan as jy geregistreer is by een van hierdie stemlokale in Wyk 7 Hantam:

65980019 – RAMSKOP SHOOTING RANGE

65980020 – DIEPDRIFT PRIMARY SCHOOL

65980031 – MIDDELPOS COMMUNITY HALL

65980042 – BRAKFONTEIN

65980053 – MELKKRAAL FARM

65980064 – HANDVOL GRUIS GASTEHUIS

65980086 – ONDER DOWNES

65980097 – KOPPIESKRAAL

65980109 – NOOIENSRIVIER FARM

65980110 – SONOP

65980132 – DASSIESTRATE

65980143 – BEESWATER PLAAS

Om u registrasiebesonderhede na te gaan, besoek asseblief: https://check.da.org.za

 

Endossemente