Meer oor Christo “Kito” Boks

  • Christo is jou DA-kandidaat. Hy is ‘n trotse inwoner van Wyk 7 vir die afgelope 30 jaar.
  • Hy is die Voorsitter van die NPC en Direkteur van Maskam Sosiale Besigheidsforum. Hy was die Terreinbestuurder vir CWP.
  • Hy dien ook op die GPF.
  • Hy is die Sekretaris van die Accadian Meesters-krieketklub en Verteenwoordiger van die SANRAL Openbare Skakelkomitee.
  • Het ‘n NQF4 sertifikaat ontvang in Kantooradministrasie.
  • Hy geniet dit om flieks te kyk, te lees en om sosiale krieket te speel.
  • “Ek wil ‘n positiewe verskil in ons gemeenskap maak en sal al die mense met trots dien.”  – Christo “Kito” Boks, Wyk 7 DA-kandidaat.

My prioriteite:

  • Onwettige stortings – Ek sal enige onwettige stortings aan die munisipaliteit aanmeld. Ek sal ‘n veldtog in ons gemeenskap loods waar ek ons inwoners aanmoedig om nie deel te vorm van onwettige stortings nie.
  • Behuisingskwessies – Ek sal saam met die munisipaliteit werk om te verseker dat enige behuisingskwessies aangespreek word. Ek sal ook vergaderings met die relevante belanghebbendes opstel en terugvoering gee aan die gemeenskap oor die uitkoms.
  • Dienslewering – Ek sal saam met die munisipaliteit werk en probleme verwys na die Munisipale Bestuurder en ook die wykskomiteelede, sodat kwessies direk en vinnig hanteer kan word. Ek sal gereelde terugvoering aan ons inwoners gee.
  • Werkloosheid – Ek sal die gemeenskap aanmoedig om hulle op ‘n werkloosheids-databasis te registreer. Ek sal hulle aanmoedig om hulle name op die Munisipaliteit en die Departement van Arbeid se databasisse te plaas en ook om te registreer vir die Uitgebreide Openbare Werke-Programme (EPWP).

‘n Kandidaat vir al die inwoners van Wyk 7